Kosstories

Roer! – Sonja Heroldt se rankbone met ‘n knoffel-sjerrie-asyn-slaaisous

Sonja Heroldt en Tammy

Bestanddele
4 porsies

  • sap van twee lemmetjies
  • 1/3 koppie vars koljanderblare, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 1/3 koppie olyfolie
  • 4 eetlepels sjerrie-asyn
  • 200 g rankboontjies
  • seesout

Boontjies

Metode

1. Kombineer die lemmetjiesap, koljander, knoffel, olyfolie en sjerrie-asyn en druk fyn met ‘n stamper en vysel (mortar and pestle).
2. Blansjeer die rankboontjies in vinnigkokende water in ‘n pan. Dreineer en sit warm voor met ‘n knypie seesout en ‘n goeie sprinkeling van die knoffel-sjerrie-asyn-slaaisous.

Kyk die Roer! episode hier!