Kosstories

Roer! – Waldemar Schultz se ‘chilli poppers’

Waldemar, Ira & Tammy

Bestanddele

  • groot ingelegde jalapeno-rissies (besluit self hoeveel)
  • mozzarella-kaas
  • cheddar-kaas
  • koekmeelblom
  • sodawater
  • sout en peper na smaak
  • 1 bottel olie

Chilli poppers

Metode

1. Sny die rissies oop en hol uit.
2. Vul met gelyke hoeveelhede gerasperde mozzarella- en cheddar-kaas.
3. Strooi ‘n bietjie meel oor die rissies om van vogtigheid ontslae te raak.
4. Om deeg te maak: Sif meel, sout en peper saam. Voeg sodawater by totdat deeg glad, maar tog dikkerig is.
5. Verhit olie oor medium-hitte.
5. Doop rissies in deeg en diepbraai vir 4 minute tot goudbruin.
6. Sit voor saam met salsa en guacamole.

Kyk die Roer!-episode hier