mg_3903
Kosstories

Roomysbroodjies met oorskiet-Paasbolletjies

Wat om te doen met jou oorskiet-Paasbolletjies? Maak ’n nuwe gereg daarmee! Ons gebruik Paasbolletjies met sjokoladesplinters en maak ’n lekker karamelsous voordat ons dit met roomys voorsit.

Sjokolade, karamel en vanielje – kan jy aan ’n beter kombinasie dink?

lewer 6 porsies

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 50 ml water
  • 100 ml room
  • 6 sjokolade-Paasbolletjies, gehalveer
  • 1 liter vanieljeroomys

Verhit die suiker en water saam in ’n diep pan. Laat staan oor matige hitte tot ’n goue karamel vorm. Voeg room by en klits oor hitte tot ’n dik sous vorm. Plaas bolletjies in karamel sodat die sous aan die gesnyde kant intrek. Verwyder versigtig uit die pan en laat effens afkoel. Skep 6 roomysballe en plaas op helfte van die gekaramelliseerde bolletjies. Druk ’n tweede helfte op elke roomysbal vas en druk saam.