sk1108.5_1_1_
Kosstories

SARIE se Barbara en Herman kook in Pretoria

Kom kuier saam met SARIE by Pretoria Celebrate Food & Wine van 2 tot 4 September 2011. Barbara en Herman is daar saam met nog kosfoendies en wynkenners. Celebrate Food & Wine is ‘n intieme fees met kos- en kaasstalletjies van oor die hele land. M-NET se Koowee-kanaal sal die kinders lekker aan die gang hou terwyl jy jouself verlustig aan alles te ete en te drinke.

Waar?

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Bondstraat, Clydesdale

Maak ‘n draai by SARIE

Kom kuier by die SARIE-stalletjie vir fantastiese aanbiedinge en ‘n spesiale inteken-afslag op SARIE en SARIE KOS. Boonop kry jy ‘n pragtige dra-sak asook ‘n REVLON-produk met elke SARIE-intekening.

Jy kry ook ‘n 40%-afslag op elke SARIE KOS intekening – ‘n reuse besparing van R80.

Barbara Joubert Herman Lensing

SÓ LYK DIE PROGRAM

Vrydag 2 September 2011 10:00 – 12:00

Ontbyt met SARIE. Barbara Joubert & Herman Lensing lewer ’n demonstrasie, Van kos tot foto by SARIE, met seremoniemeester Amore Bekker en vermaak deur die groep Aanklank. Elke gas kry ‘n SARIE-bederfsak én ‘n gratis REVLON-produk.

Vrydag 2 September 2011 15:00 – 22:00

Kyk, kuier en proe by die verskillende kos-, kaas- en wynstalletjies en boetiekwynkelders, asook hul wynmakers. Die aand sal wyn-skrywer Emile Joubert ’n bespreking met die wynmakers lei.

Saterdag 3 September 2011 10:00 – 20:00

Geniet ’n dag van heerlike kosdemonstrasies deur SARIE en SARIE KOS se kosredakteurs, en sjefs soos Jodi-Ann Pearton, 4 keer Sunday Times se sjef van die jaar.

Sondag 4 September 2011 11:00 – 18:00

Ons sluit ’n wonderlike naweek af met ’n klassieke konsert op die gras met uitsoek-wyn en -kos wat by ons uitstallers gekoop kan word.

Toegangsgelde

SARIE-ontbyt (sluit toegang vir Vrydag in): R250

Volwassenes Vrydag & Saterdag: R100

Pensioentrekkers: R60

Kinders: R50

Volwassenes vir die naweek: R180

Pensioentrekkers vir die naweek: R100

Kinders vir die naweek: R80

Volwassenes Sondag: R80

KONTAK: Sonja de Beer 083 305 9554

BESOEK: www.celebratefood and wine.co.za

Die Pretoriaskool vir Serebraal Gestremdes se Skool-tot-werk-oorbruggingsprogram is een van die fees se begunstigdes.

Dié  program berei kinders met gestremdhede voor vir die arbeidsmark sodat hulle ‘n eie inkomste kan verdien.

 Revlon

Volg SARIE op Twitter en Facebook