Kosstories

SARIE by die Cederbergfees

Dit gaan ’n onvergeetlike dag wees in die hartjie van die rooiboswêreld – en SARIE is daar om jou te bederf. Ons kuier saam met Laager Rooibos en Canderel by die jaarlikse Cederbergfees op Clanwilliam.

Kom kyk hoe wikkel SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, die kospotte dat die stoom staan.

Franci Swanepoel, wat ’n restaurant-eienaar speel in Binneland Sub Judice, is die gasvrou.

En die gaskunstenaars is die nimlike Jakkie Louw en Kevin Leo, te sien in hul gewilde vertoning Jakkals en Leo.

Geniet ontbyt met ’n glasie Backsberg-vonkelwyn, mineraalwater van Cederberg Aqua en Fair Cape se Rooibos-suiwelprodukte. Elke gas kry ’n SARIE Mei-uitgawe, Revlon-produk, Moir’s- en Canderelprodukte, ’n tortilla-verwarmer van Old El Paso en nog meer!

Sit terug en laat die Revlon-grimeerkunstenaars jou grimering opknap.

Waar en wanneer?

Augsburg Landbou-gimnasium, Clanwilliam

Woensdag 27 April 2011, 9:00

Franci Swanepoel Jakkie Louw en Kevin Leo

Bespreek so:

Bespreek voor 15 April 2011 by Sarie Walters, tel. 027 482 2155

Kaartjies is R250 p.p. net vir die Vroue-oggend.

R300 p.p. vir die Vroue-oggend insluitend die 15h00-vertoning van JAnneman op 27 April