Kos app logo
Kosstories

SARIE KOS app nóú op jou iPad

Die SARIE KOS app is die nuutste toevoeging tot die SARIE-stal. Nou kan jy van jou gunsteling-resepte uit SARIE en SARIE KOS gerieflik op jou iPad saamdra, met stap-vir-stap-aanwysings en video’s. Kook sommer van jou iPad af in die kombuis, of e-pos die bestanddele vir ‘n nuttige inkopielysie.

Die SARIE KOS app bevat resepte wat spesiaal met die hand vir jou uitgekies en in toeganklike resep-pakke verdeel is. Elke pak bevat 10 resepte – van plaaslike lekkertes soos bredies tot resepte vir die beginner-bakker, en SARIE se gewilde sjokoladekoeke. Vir die braaiers is daar idees met bykosse, die beste resepte vir ‘n Saterdag-kuier en lekker planne met gaar hoender. Daar is ook pakke vir vegetariërs, pasta-liefhebbers en diegene met min tyd.

“SARIE is bekend vir sy bekroonde kosredakteurs, Barbara Joubert en Herman Lensing, wat lesers met hul resepte inspireer. Ons is opgewonde om nou dié inhoud op ‘n app vir ons kos-lesers beskikbaar te stel, en verwag vele goeie tye saam met vriende en familie in die kombuis,” sê Michélle van Breda, SARIE-redakteur.

Kry 2 gratis resep-pakke wanneer jy jou SARIE KOS app op iTunes aflaai (dié app is net vir iPads). https://itunes.apple.com/us/app/sarie-kos-my-inspirasie/id745393884?ls=1&mt=8

sarie kos app