sarie_kos_okt_nov2011_cover
Kosstories

SARIE KOS Okt/Nov 2011 nou beskikbaar!

“Die eerste koek wat ek gebak het, was met my ouma se hulp. Ek was seker so 8 jaar oud en wou net koek bak. My eerste konkoksie het begin as ’n basiese sponskoek. Toe verdeel ek die beslag in drie en voeg groen kleursel by een van die dele. Rooi kleursel word by die tweede deel gevoeg. Gelukkig hou ek toe die laaste deel net so. Dit moes ’n reënboogkoek word. Die drie kleure beslag gaan toe in een pannetjie en in die oond.

Suksesvol was dit beslis nie! Die koek was plat en vol gate, maar ek het gedink dis fantasties en
het alles opgeëet. Later, op hoërskool, het die bakkery ernstig geraak. Naweke het ek in die kombuis deurgebring. Sjokoladekoek versier met sjokolade was my gunsteling. Daar was ook
altyd Smarties op die koek.

In daai jare het ek nie gekook nie, nét gebak. Toe my oudste suster, Anneke, trou, was daar vir nagereg net koek. En ek was die bakster. Ek het drie dae aaneen gebak. Gelukkig het my pa – ’n fotograaf – lugverkoeling in sy donkerkamer gehad. Die koeke het op ’n ry in sy donkerkamer gestaan om vars en koel te bly. Dit was omtrent ’n marathonsessie om vir honderd mense koek te bak. Suksesvol dié keer.

Vandag is kook en bak natuurlik my passie en die lekkerste is dat die bakgier nou ook my kinders beetgekry het.

Lekker bak!”

Barbara Joubert – SARIE KOS Redakteur

Hier is ‘n voorsmakie van alles wat jy kan verwag in die pargtige nuwe uitgawe:

STYLKOS 

 

Bak die die mark

BOTTER-CROISSANTS

DROOMKOS  

 

Sjokolade sê als!

WARM SJOKOLADE LOOPPOEDING

Soet of sout

GEROOKTESNOEK-TERT

MY KOS

 

Lae GI gebak  

APPEL-EN-DADEL-BLOKKIES

Soet sonder die suiker

VLA-KOEK

TUISKOS –

 

Ons soek SA se beste marinade

KRY JOU LAM- OF VARKRIBBETJIE KOMPLIMENTE? SKRYF JOU RESEP IN!

Vakansie-koekies vir die koekblik

AARBEI-KONFYT VENSTERKOEKIES

Daar’s poeding!

SJOKOLADE PLAATKOEKIES

  • Marelize Church

    ek het ingeteken en ek hoop my Sarie is in my posbus!!!!kannie waggi!!!!!

  • Susan Owen

    Het my Sariekos gister in posbus gekry en dis ‘n STUNNING uitgawe, kan nie wag om iets te probeer bak nie!

  • Charmyn Fourie

    Was op Damesdag in Riebeeck-Wes, Augustus 2011, wat `n Wonderlikedag!!! Het ingeteken by Sarie-Kos, en my EERSTE Tydskrif ontvang!, Ek wil net Bak, baie dankie Sarie-Kos.

    Het Rolkoek probeer, maar geen sukses, bl 83.

    BAKGROETE
    Charmyn Fourie
    Reitz
    o.v.s

  • Angelina Claassen

    Daar is ‘n deel in die boek wat bitter bekend lyk, die koekies was al in ‘n sarie/kos gewees? ?

  • Marianne Crowe

    Ek het nog nie een Sarie Kos uitgawe misgeloop nie, insluitend die twee mans uitgawes. Hierdie is verseker een van die beste uitgawes nog….kan nie wag om in die kombuis uit te kom nie!

  • Nicolette Smit

    Hello daar! ek het soppas die njammie sjokolade koek aangemaak en ek het ‘n probleem daarmee….. dit is so flippen lekker ek het die mengsel opgeeet nog voordat ek dit gebak het, so nou vir my 2de probeer slag sal ek dit maar dubbel aanmaak.

    Baie dankie vir ‘n uitstekende resepte boek ek is mal daaroor die fotos lyk so lekker ek eet sommer julle tydskrif op!!

    Groete Nicolette THE PANTRY Aliwal Noord

  • Nicolene

    Die sjokoladekoek op die voorblad is ongelooflik. Ek verstaan hoekom hy gewen het!

  • Monica

    Is ons intekenare se Sarie Kos al gepos? Dit lyk dan nou nie bekend nie.

  • Elizabeth

    Wou graag di njammie sjokoladekoek maak,maar o wee iewers het ek diepad byster geraak. 2 koeke wat uit die oond kom het heeltemal in die middel gesak. Lyk behoorlik soos n randkoek.. HELP asb. kan iemand dalk raad gee

  • Corrie van der Merwe

    My koek het OOK in die middel ingesak!!!!!!!!!!!!!! HELP!!!!!!

  • Celinda Botha uit Barbados

    Vanmiddag het ek ePos uit my ma se kombuis gekry – sy het die SarieKos gekoop nadat die voorblad haar oog gevang het, en kon eenvoudig die njammie sjokolade koek resep eenvoudig nie vir haarself hou nie! Die resep is sommer vinnig ‘n familie gunsteling! In my huis hou ek nie karringmelk aan nie, maar met ‘n koppie yoghurt as vervanging het dit baie goed gewerk. Verder het ek 2/3 koppie suiker met fyn appelkooskonfyt vervang en net bruin suiker gebruik vir ‘n ekstra diep kleur. Die koek is fantasties! Spons sag en veerlig. Dankie Alida vir ‘n heerlike resep wat vir lank nog ‘n treffer in my kook arsenaal gaan wees.

  • Zelda Wiltshire

    ek soek die resepte van die sjokolade koek van die naas wenners vir die Oct/Nov 2011
    maar kan dit nie kry op Sarie.com nie.
    As ek SA se beste sjok. koek intik, gee dit my 300 resepte om van te kies.

  • Eunice

    ek het nog nie die koek gebak nie, het ‘n probleem met die bestanddele. dit se 250ml warm koffie. nou ja watse koffie en hoe sterk. help asseblief.

  • Annemarie Castelyn

    My koeke het twee keer na mekaar in die middel ingesak. Ek het die resep presies net so gebruik. Moet daar soveel bakpoeier EN koeksoda in wees? Help asseblief, gee raad!

  • Annemarie Castelyn

    My koeke het twee keer na mekaar in die middel ingesak. Ek het die resep presies nagevolg sonder sukses. Moet daar soveel koeksoda EN bakpoeier in die resep wees? Gee raad asseblief.

  • Adri Verster

    Hallo. Ek kan gladnie Sarie Kos tydskrif van Oktober/November 2011 op die rakke kry nie. Stel baie belang veral in die idees vir die markte. Waar kan ek ‘n eksemplaar koop.

  • Monica

    Oops! Besluit om vroeg op die Maandagoggend die vakansiebeskuit te bak maar o weë misreken ek my met die hoeveelhede. Eers toe ek sien hoe min is 500ml karringmelk, besef ek maar ek het TWEE kg bruismeel gebruik. 100 myl ‘n uur verdubbel (of is dit nou ver4dubbel?) ek alles. Dis nou in die oond, en hou asb saam duim vas dit kom lekker uit. Een troos: nou hoef ek nie weer te bak voor die vakansie nie!

  • Faith

    ek weet glad nie wat ek verkeerd gedoen het nie, maar my njammie koek is besig om te flop in die oond, dit loop oor die rante!!! ek het die beslag verdubbel want dit se "bestandele vir een 22cm koek"?

  • Donna Botha

    I’m afraid this comment will have to be in English. I love Love Afrikaans cooking books but my cake first attempt ran all over the oven. Second attempt got the correct tins and this time it also sunk in the middle. Help please as it tastes really yummy. This is really a good tasting cake but there is something wrong with the ingredients.

  • Gertie

    weet iemand waar ek die uitgawe Okt/Nov kan kry. Het hom gemis. Die een met die sjokolade koek op

  • Rene

    Alida het op haar twitter gese dat daar ‘n fout met die sjokolade koek resep was, maar ek kan glad nie onthou wat sy gese het nie.

  • cazzuruw

    o3rDRI zhfktjpjnueb, [url=http://yjnwssffwjnc.com/]yjnwssffwjnc[/url], [link=http://ovybdhloetrv.com/]ovybdhloetrv[/link], http://oglkylecobqi.com/

  • Marna

    Waar kan ek die Oktober/November 2011 Sarie Kos kry?

  • Eliza

    I love these articles. How many words can a wodrsimth smith?

  • Lucille Visser

    Het die koek nou al driekeer gebak sonder sukses die resep is verkeerd .