Kosstories

Sielskos in die nuwe Lente SARIE KOS

Die nuwe resepteboek Sumptuous, deur Marlene van der Westhuizen van The Food Studio in Groenpunt, Kaapstad, het pas verskyn. Dis die opvolgboek van Delectable. Marlene verwys na haar kookkuns-styl as brasserie luxe, oftewel, elegante koesterkos met ’n klassieke Franse ondertoon.

In die nuutste SARIE KOS is daar 5 smullekker resepte uit Marlene se nuutste boek én ‘n lekker onderhoud. Hier is ‘n lusmaker sowel as ‘n maklike resep – perfek vir die mooiste mooiste maand!

Watter soort kos kan ’n mens verwag in Sumptuous?
Sielskos. Dit irriteer my as ek die term fusion-kos hoor. Dít voed nie die siel nie. Mý kos laat jou dink aan boontjiesop wat jy op Groentemarkplein in die reën eet, en dit lyk wow, maar herinner jou aan jou ma se kos.

Wat is jou inspirasie as jy kook?
Reis en lees. As ek ’n wonderlike ding proe, aap ek dit roekeloos na, maar ek gee krediet.

Jou kookklasse is baie gewild. Wat wil jy studente leer?
’n Resep is bloot ’n aanwysing. Jy moet dit jou eie maak. In die 25-week-kursus leer hulle 25 spyskaarte beplan. Hulle leer ook om kos voor te sit op die bord en hoe om beplanning te doen vir onthale. Hulle kan my as assistente bystaan as ek gaste onthaal om meer ondervinding op te doen. Ek bied ook ses week lange kursusse aan. Soms bied ek ’n eendagkursus aan. Ons het baie pret en geniet die kos wat ons gekook het ná die tyd saam met wyn.

RESEP

Witvis met swart olywe en saffraansous

Witvis met swart olywe en saffraansous

+ WEN ‘N VYFGANG-ETE saam met Marlene en Herman Lensing (SARIE se tweede kosredakteur). Skryf nou in! Die ete word 14 Oktober gehou.

Besoek ook www.foodstudio.co.za vir meer oor Marlene se The Food Studio.

Teken in op SARIE KOS

  • ek was gister by die bekendstelling van die boek en het vandag 7 van die resepte probeer. maklik, maar lekker. my man se baas se mond is gesnoer.