Foto: oscars.org

Foto: oscars.org

Kosstories

Sit aan tafel by die Oscars: resepte vir dié rooitapyt-spyskaart

Het jy gewonder wat die sterre op Oscar-aand gaan eet? Die Klits-en-Klets Kok wys jou dié rooitapyt-spyskaart én kies resepte uit die SARIE-argief om self te maak.  Vanjaar is daar iets vir almal se smake by die Oscars – en nie slegs in die rolprente en akteurs wat vereer word nie, maar ook in die kos voorgesit gaan word. Oudergewoonte is daar eksotiese kos soos geelvintuna en kaviaar, maar vanjaar is daar ook gemakskos soos macaroni-en-kaas. Die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, wat vir dié geleentheid verantwoordelik is, het ’n voorsmakie van die spyskaart gegee.

Die sterre se spyskaart

Foto: oscars.org

FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Nie jou gewone gebakte aartappel nie … Die gewilde sjef Wolfgang Puck, wat verantwoordelik is vir die kos op die aand, kikker ’n gewone gebakte aartappel met kaviaar en crème fraîche op. Boonop sal dit in eetbare goue papier toegevou word vir die “goue” geleentheid!

Foto: oscars.org

FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Comfort food, soos alledaagse huiskos genoem word, is ook welkom by die Oscars. Onder meer macaroni-en-kaas-bakkies, mini-burgers en pasteitjies.

Foto: oscars.org

FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Seekos is gróót op vanjaar se spyskaart. Altesame 1 300 oesters is glo bestel vir die geleentheid en sal met ander seekos soos tuna, soesji en krap voorgesit word.

Foto: oscars.org

FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Die gaste word verwelkom met ’n Penicillin-mengeldrankie. Dié drankie word gewoonlik berei met heuning en whisky.

Foto: oscars.com

FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Die suikertand word gestil met sjokolade-pofrys-balle, sjokolades in die vorm van die Oscar-standbeeld en sjokolade-splinters. Almal gons ook behoorlik oor dié massiewe sjokoladekoek met ’n rooi tapyt uit fondant en goue Oscars van sjokolade as versiering!

FOTO: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

FOTO: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

Sit self aan tafel!

Hier is resepte uit die SARIE-argiewe sodat jy self ’n spyskaart gepas vir sterre kan voorsit!

 

skm1005.30min.mac_chzLuukse macaroni-en-kaas, soos die sterre dit geniet.

sarie706-533x800

Gebakte aartappeldalk sonder goud maar net so lekker!

skm1106jaco3-533x800Tuna met dukkah-kors

Feb-7-570x800Vier fees met ’n heerlike appelpons

430-546x800Dié sjokoladekoek hoef nie terug te staan vir enige geleentheid nie!

Vier fees in styl – nes Hollywood se gewildstes.

Klits-en-Klets Kok Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam

Twitter: @KlitsenKletsKok Facebook: Klits en Klets Kok Instagram: klitsenkletskok