Kosstories

Sjef Reuben Riffel se Kaapse frikkadelle met jogurt, tamarinde en sultanas

Kaapse frikkadelle met jogurt, tamarinde en sultanas

  • 4 knoffelhuisies
  • 2 eetlepels grofgekapte gemmer
  • 1 eetlepel seesout
  • 500 g varkmaalvleis
  • 500 g beesmaalvleis
  • 4 gedroogde appelkose, geweek en gekap
  • 2 eiers
  • 5 eetlepels olyfolie
  • 2 mediumgroot rooi-uie, fyngekap
  • 1 eetlepel ingelegde suurlemoen-atjar
  • ½ koppie gekapte koljanderblare
  • 1 eetlepel gekapte mentblare
  • 2 eetlepels gekapte pietersielie
  • 2 eetlepels heuning
  • 2 eetlepels balsemasyn
  • 1 ½ teelepels gemaalde komyn
  • 1 ½ teelepels gemaalde kaneel
  • knypie gekraakte witpeper

Verhit oond tot 200 °C. Maak knoffel, gemmer en sout fyn in ’n stamper en vysel tot jy ’n gladde pasta het. Meng vark- en beesmaalvleis. Vat hande vol van die vleismengsel en gooi dit hard teen die kant van die mengbak om die vleis sag te maak. Voeg appelkose, gemmerpasta, eiers en alle oorblywende bestanddele by. Meng goed (gebruik jou hande).

Suur kersie-dadelsous

  • ¼ koppie gedroogde bosbessies (cranberries)
  • ¼ koppie extra virgin-olyfolie
  • 5 klein uitjies, skoongesny en in fyn snytjies gesny
  • ¼ koppie gedroogde kersies
  • ¼ koppie bloubessies
  • 4 dadels, in snytjies gesny
  • 6 lourierblare
  • 1 eetlepel sjerrie-asyn

Garnering

  • 1 eetlepel ongegeurde Griekse jogurt
  • sultanas
  • tamarinde-pasta

Vorm frikkadelle met kwartkoppies van die vleismengsel. Rol in meel tot goed bedek. Verhit olie in ’n pan en braai die frikkadelle (’n paar op ’n slag) tot liggies bruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en hou warm. Vir die sous, week die bosbessies vir 10 minute in kookwater. Verhit olyfolie in medium-grootte pan. Voeg uie en sout by en braai vir 3 minute terwyl jy roer totdat uie sag is. Voeg kersies by en kook vir 2 minute terwyl jy roer. Roer dadels en bessies en lourierblare by en prut vir 5 minute. Voeg asyn by. Sit frikkadelle in bakkies, gooi sous oor en garneer elke porsie met vars jogurt, sultanas en tamarinde-pasta.

Besoek ook www.reubens.co.za