sr1301_kos_8_
Kosstories

Soet, sappig, somersvrugte

Daar is niks so soet soos ‘n son-ryp geelperske, so vervrissend soos waatlemoen op ‘n warm dag of so lekker soos die parfuum-soet-reuk van papaja nie. Daar is niks soos soet, sappige, somersvrugte nie!

Ek het as kind jaar na jaar Kersfees gehou op ‘n plaasdorpie buite Kimberly by Oupa-hulle. Desember in Jan Kemp dorp was oneidhoudbaar warm en my herinneringe word opgedeel tussen tye buite die swembad en binne die swembad. Die vreeslike hitte kon immers net deur twee dinge gebreek word – die yskoue swembad of bloedrooi waatlemoen.

Somersvrugte proe soos die son en met die helder vrugte in jou kombuis kan jy omtrent toor. Ek het deur ons SARIE-argief gegaan en idees by SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, en SARIE KOS se redaktreur, Barbara Joubert, gekry:

Perskes

Perskes met sabayon-sous

Herman se geelperskes met sabayon-sous

 

Bessies

Appeliefies, bloubessies, framboos… daar is soveel bessies om van te kies en kan net so, in ‘n slaai of saam met jou nagereg bedien word

Hollandse pof-pannekoek

Herman se hollandse pof-pannekoek

Spanspek

Ouma het altyd spanspek-balletjies gemaak en voorgesit met roomys. Vandag is daar soveel meer wat jy kan doen met die somervrug! Onthou jou somervrugte is baie soet, maar hoef niee net as nagereg geet te word nie.

spanspek-smuller

Barbara se spanspek-smuller

Papaja

Begin elkesomersdag reg met ‘n smoothie. Hier kan jy die gewone piesang vervang met papaja iets soeter.

Wenk: Jy kan papaja vries en direk in jou smoothie-menger gooi. So vervang jy ys met iets wat meer voedingswaarde en smaak het!

Ontbyt in 'n glas

Barbara se resep vir ‘Ontbyt-in-‘n-glas’

Waatlemoen

Die heel lekkerste somersvrug is gelukkig ook die heel grootste!Die soet-sappige vrug maak die heerlikste drankies en sorbet. Onthou om die skille te hou vir ‘n waatlemoen-geveg agter in die tuin!

Waatlemoen-en-vinkelslaaiHerman maak ‘n waatlemoen-en-vinkelslaai

Aarbeie

Ek weet ons het reeds oor bessies gepraat, maar aarbeie is so besonderes ek dink dit kan op sy eie geklassifiseer word! Daar is iets aan hierdie bessie, die effens suur wat aan jou kuwe trek voordat die soetsap jou mond vul wat net besonders is! Ek verbeel myself dikwels dat ek deel van die wimbeldon-elite is wanneer ek my oorgee aan die bessie.

Aarbei-wafers

Barbara maak aarbei-wafers

 Lekker speel met dié soet somevrugte in jou kombuis die seisoen!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam:

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok