Kosstories

Sorbet-smoothies vir ontbyt in net 2 minute

Spandeer soggens slegs 2 minute aan ontbyt met dié sorbet-smoothies. Dis vinnig, vars en gesond – PLUS laktose-vry!

Smoothies was nog nooit só maklik nie – slegs 2 bestanddele en vrugte! Geen melk, roomys, jogurt of ys nie. ’n Smoothie propvol vrugte is jou vitamien-inspuiting én gee jou krag vir die dag.

Dis só eenvoudig

  • Vries vrugte in herseëlbare sakkies oornag (of selfs oor die naweek).
  • Plaas gevriesde vrugte in ’n voedselverwerker met 1 koppie water + 1 koppie appelsap.
  • Geniet ontbyt op ’n drafstap!

Probeer gerus een van dié resepte

Liezl se resepte

Kiwi-en-komkommer-smoothie

Kiwi-komkommer-smoothie

  • 1 kiwi
  • 150 g komkommer
  • 2 groenappels
  • 250 ml water
  • 250 ml appelsap

Rooi “krag”-smoothie

Rooi-krag-smoothie

  • 600 g rooi pruime
  • 2 takkies vars basiliekruid (opsioneel)
  • 250 ml water
  • 250 ml appelsap

Verfrissende somer-smoothie

IMG_8014 - Copy

  • 400 g appelkose
  • 400 g perskes
  • 250 ml water
  • 250 ml appelsap

Spanspek-en-pomelo-smoothie

Spanspek

  • 400 g spanspek
  • segmente van 1 pomelo
  • 250 ml water
  • 250 ml appelsap

Liezl se onthou-dinge

IMG_8019 - Copy

  • Voeg muesli by vir ’n smoothie om jou voller te laat voel.
  • Indien die vrugte effens suur is, voeg 1-2 teelepels heuning by – ’n gesonder opsie as suiker!
  • ’n Hand vol goji-bessies gee ekstra krag en iets om aan te kou! (Jy kan dit in die gesondheidsafdeling van jou supermark of apteek vind.)

Ek hoop ’n vinnige ontbyt maak jou lewe ’n bietjie makliker dié week!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok

Indien jy een van die Klits-en-klets-blogs gemis het, klik HIER.