Twee-keer-kook-hoender

Twee-keer-kook-hoender

Kosstories

Spaar krag terwyl jy kook dié winter PLUS die beste mikrogolf-resepte

As jy jou krag by jou munisipaliteit ontvang, gaan jy vanaf môre planne moet maak as jy nie ’n groot styging in jou elektrisiteitsrekening wil sien nie. 

Sekere munisipaliteite se elektrisiteitspryse styg met tot 7,64% op 1 Julie en om minder krag in die winter te gebruik is moeilik … die ketel kook meer gereeld, die warmkombers word aangeskakel, die verwarmer word op hoog gestel en daar is elke aand ’n pot vol lekkerte op die stoof. Maar die elektrisiteitsrekening kreun of die koopkragboksie skree meer gereeld …

Probeer dié wenke om elektrisiteit voor die kospotte dié winter te spaar, sonder om jou lekker warm geregte prys te gee.

1. Elke pot het sy deksel

Sorg dat die deksel op bly terwyl jy kook, behalwe natuurlik as die resep sê die deksel moet af wees. Dit verhoed dat hitte ontsnap.

2. Gebruik die regte grootte plaat

Daar is ’n goeie rede hoekom jou stoof se plate verskillende groottes is. As jy ’n klein pot gebruik, sit dit op ’n klein plaat, anders gee jou stoof onnodig hitte af.

3. Kook water in die ketel

’n Ketel mag dalk meer krag vreet, maar dit kook die water baie vinniger as wanneer jy dit op die stoof sit. Sodoende spaar jy sommer tyd ook.

4. Skakel die stoof ’n bietje vroeër af

Dit voel dalk vreemd, maar jou plate en oond vat baie lank om af te koel, so as jy dit ’n paar minute voor die kos gaar is reeds afskakel, sal die kos steeds gaar word.

5. Mikrogolf maar

Dit gebruik baie krag om kos op die stoof of in die oond te maak, want dit vat lank. Vergeet maar so nou en dan dié kookgewoontes en maak meer kos in jou mikrogolfoond. Dit gee jou ook ’n ekstra halfuur om onder die kombers op die bank te ontspan saam met die gesin.

Bron: Wes-Kaapse regering, Wiki How

Hier is SARIE se gunsteling-mikrogolf-resepte

*Gepubliseer in die Maart 2014-uitgawe van SARIE

FOTO: Donna Lewis Bros paprika tjips

Bros paprika tjips FOTO Donna Lewis

Spaar krag

Het jy al gehoor van die Wonderbag? Dis ’n spesiale sak waarin jy kos gaarmaak sonder krag. Maak só: Bring jou bredie of sop tot kookpunt en verwyder van die hitte. Plaas in die Wonderbag en los ’n paar uur tot gaar. R499 by Wonderbag.

sak

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp Digitorial1