Sjokolade sushi
Kosstories

RESEP: Sjokolade-soesji

Inspirasiekos van Spekko Rice

Spekko is die trotse borg van Inspirasiekos met SARIE op Via (DSTV 147) dié seisoen. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

Sjokolade-soesji

Die resep hou klein handjies besig! 

sowat 27 soesji’s

• 250 ml (1 koppie) Spekko Royal Umbrella Jasmine Rice
• 60 ml (¼ koppie) strooisuiker
• 5 sjokolade-en-vanielje-beskuitjies (Oreo’s)
• 60 ml (¼ koppie) kakao, gesif
• 125 ml (½koppie) klapper, opsioneel
• kleurstrooisels
• sjokoladestafies (Kit Kat werk goed)

Maak die Spekko-rys gaar volgens die verpakkingsaanwysings, maar voeg die strooisuiker saam met die water by die rys.

Wanneer die rys gaar is, krummel die beskuitjies en roer by die rys.

Meng die kakao bietjie vir bietjie by die rys en meng tot ʼn hanteerbare mengsel vorm. As die rys te waterig is, sal dit uitmekaar val.

Voer ʼn 30 x 20 cm-bakplaat met bakpapier uit. Gebruik dan ʼn paletmes en druk die rys-en-kakao-mengsel oor die bodem. Laat afkoel in die yskas.

Sny die rys op in 10 x 7 cm reghoeke – altesaam 9.

Rol die ryslaag om ʼn stafie sjokolade om ʼn soesji-rol te vorm.

Rol elke soesji-rol in die kleurstrooisels of klapper. Sny in wiele en sit voor.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

 

Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.