Kosstories

Spinsuiker vir wen-trifle

Om spinsuiker te maak is ‘n baie maklike proses en een wat sonder enige moeite jou gaste gaan laat snak na asem.

Hier is dit in ‘n paar eenvoudige stappe:

Wat jy nodig het:

  • 250 ml suiker
  • 125 ml water

Voor jy begin: Kry jou bestanddele reg.

Bestanddele vir spinsuiker

Stap 1

 

Meng die suiker en water in ‘n pot en bring tot kookpunt oor lae hitte. Moenie roer sodra dit begin kook nie, anders sal suikerkristalle vorm.

Kook oor meduim hitter

Stap 2

 

Kook die mengsel vir sowat 10 – 15 minute, of todat dit begin karamelliseer. (Die suiker kry ‘n ligbruin/goue kleur.) Verwyder dadelik van hitte en druk die basis van die pot in koue water om die kookproses te stop.

Druk in koue water om kook proses te stop

Stap 3

 

Werk baie versigtig, want die karamel kan jou baie seer brand. Gebruik die steel van ‘n houtlepel of ‘n yster-toetspen. Laat die karamel van ‘n hoogte af oor die pen loop sodat lang suikerdrade vorm. Hou so aan tot ‘n dik bos suikerdrade gevorm het.

Spin warm karamel

Stap 4

 

Bring alles bymekaar met jou hande en verwyder die pen. Plaas bo-op jou Kersfees-trifle of enige ander nagereg van jou keuse.

Spinsuiker

  • Jp9lfI lvyhhgjlbpos, [url=http://rfforvaepvcr.com/]rfforvaepvcr[/url], [link=http://xuvzsxilzhoa.com/]xuvzsxilzhoa[/link], http://gtqgrwkivjgc.com/

  • Daleen van Zyl

    Dit lyk so maklik! Gaan dit definitief probeer 🙂