FOTO Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2012

Kosstories

Stof jou pannekoek-pan af – winter is op pad!

Die koue weer is op pad – en dit beteken dis tyd om weer die pannekoek-pan af te stof en jou gunsteling-resep nader te trek! Die Klits-en-klets-blogger deel haar wenke vir die perfekte pannekoek.

Truuks vir die perfekte pannekoek

  • Klonte? As jy sukkel met klonte, kan jy altyd jou beslag aanmaak en deur ’n voedselverwerker sit om meel-kluitjies te voorkom.
  • Yskas toe! Laat jou beslag minstens 10 minute tot ’n halfuur in die yskas staan voordat jy begin bak – dis die wag werd. Dit gee enige gluten wat moontlik gevorm het die kans om te ontspan en die resultaat is ’n sagter, minder rubberige pannekoek.
  • Botter jou pan behoorlik. Voeg altyd ’n ekstra bietjie botter in die pan vir die eerste pannekoek. Onthou om ’n paar druppels olyfolie by jou botter te voeg om te keer dat jou botter bruin brand.
  • Die pannekoek is reg om om te draai wanneer die bokant nie meer glasig is nie en die buiterand uitdroog en effens verbruin.
  • Plaas pannekoek op ’n bord met kombuispapier uitgevoer. Moenie pannekoek in ’n toe houer of met ’n deksel bo-oor stoor wanneer jy besig is om die res van die beslag te bak nie. Die hitte veroorsaak stoom wat jou pannekoek sy krakerige rand laat verloor en pannekoeke sit aanmekaar vas.

SARIE-pannekoek-inspirasie

Gebruik dié pannekoek-resepte uit die SARIE-argiewe vir inspirasie en ’n heerlike soet of sout ete!

Hollandse pof-pannekoekHollandse pofpannekoek 

Pannekoek met gerookte hoender op geroosterde groente

sk0412pannekoek5

Klein sjokolade-pannekoekies met fudgesous

Pannekoek-pakkies met melktertvulsel en lemoensous

Pannekoek met forel

sr1208_hoofkos_9_Rooi fluweel-pannekoeke

Ons soek jou resep

Ons soek jóú lekkerste pannekoek-resep vir die winter. Verklap jou pannekoek-geheim en vertel ons wat jou pannekoek spesiaal maak. Is dit in die beslag of die vulsel?

Stuur jou resep aan klitsenkletskok@gmail.com voor 5 April en jou resep verskyn dalk op SARIE.com!

Geniet die koeler en natter dae en begin solank jou pannekoek-vernuf opskerp.

Lekker bak!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok

Indien jy een van die Klits-en-klets-blogs gemis het, klik HIER.