Moods-9736
Kosstories

Toets jou kennis: Is jy ’n foodie?

Besoek jy graag eerste die nuwe restaurante? Kan jy ’n pavlova van ’n crème brûlée onderskei? Is jy die koskenner in jou vriendekring? Vind uit hoe goed jou koskennis is met SARIE se foodie-toets! 

Toets jou koskennis hier…

Vraag van
Huidige telling:

Watter van dié geregte is na 'n danser vernoem?

  • Pynappel-savarin
  • Croquembouche
  • Pavlova

Watter van dié geregte is na 'n danser vernoem?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die pavlova is genoem na die Russiese ballerina Anna Pavlova. Dis die eerste keer in 1926 spesiaal vir haar gemaak tydens haar besoek aan Nieu-Seeland. Die sjef Herbert Sachse is glo geïnspireer deur haar tutu, wat bedek was met groen blomme. Hy het die pavlova met kiwivrugte versier.

Watter van hierdie appelterte was 'n kombuisflater?

  • Tarte Tatin
  • Appel-krummelpoedding
  • Appel pithivier

Watter van hierdie appelterte was 'n kombuisflater?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die mees klassieke weergawe van ’n onderstebo-tert kom uit Frankryk, waar dit ’n tarte Tatin genoem word. Dié omgekeerde appeltert is glo per ongeluk in die 1880's by die Hotel Tatin in Lamotte-Beuvron, sowat 160 km suid van Parys, geskep. Die hotel het aan twee susters, Stéphanie en Caroline Tatin, behoort. Stéphanie het op 'n dag 'n tradisionele appeltert gebak, maar het per ongeluk die appels te lank in die botter en suiker gekook. In 'n poging om die tert te red het sy die deegbasis bo-op die appels geplaas en dit só gebak. Met die uitkeerslag was sy verbaas oor hoe mooi dit lyk - en toe geniet haar gaste dit boonop! Dis 'n lekker storie, maak nie saak of dit heeltemal waar is of nie ...

Watter van hierdie geregte is rou vis?

  • Smoorsnoek
  • Gravadlax
  • Oester Rockefeller

Watter van hierdie geregte is rou vis?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Gravadlax is ’n Noord-Europese gereg wat bestaan uit rou vis (gewoonlik Noorweegse salm) wat met ’n mengsel van sout, suiker en kruie gepreserveer word. Dit word tradisioneel voorgesit met rog-roosterbrood.

Wat is die hoofbestanddeel in crème brûlée

  • Room
  • Eiers
  • Botter

Wat is die hoofbestanddeel in crème brûlée

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die gewilde Franse nagereg bestaan hoofsaaklik uit room. Dit bevat ook eiergele, suiker en vanielje, maar die verhouding room is die grootste.

Uit watter land kom die afvalgereg haggis?

  • Italië
  • Portugal
  • Skotland

Uit watter land kom die afvalgereg haggis?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Dis 'n baie tradisionele afvalgereg wat van die hart, lewer en longe van skaap gemaak word. Dit word met uie, hawermout, beesvet, speserye en sout gemeng en tradisioneel gestoom in die leë maag van 'n dier, maar dit word nou dikwels in 'n kunsmatige omhulsel gaargemaak.

Watter tipe deeg word gebruik om profiteroles maak?

  • Blaardeeg
  • Choux-deeg
  • Fillodeeg

Watter tipe deeg word gebruik om profiteroles maak?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Choux-deeg word gebruik om lekkernye soos roompoffertjies, profiteroles en éclairs te maak. Tydens die bakproses maak stoom ’n holte in die deeg, wat dan met room of vla gevul word.Dit is baie belangrik dat jy die bestanddele perfek afmeet, want die deeg flop maklik. Moet nie die oond oopmaak tydens die bakproses nie - hulle val plat as jy dit doen!

Wat is die Franse woord vir witsous?

  • Hollandaise
  • Velouté
  • Béchamel

Wat is die Franse woord vir witsous?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Béchamel word tradisioneel gemaak deur botter en meel te smelt om 'n room te vorm, terwyl warm melk geleidelik bygevoeg word om 'n sous te vorm. Dit is een van die 5 basiese souse in die Franse kookkuns, en ook die basis vir 'n soufflé.

Waar of onwaar: Vonkelwyn word kouer as witwyn voorgesit.

  • Waar
  • Onwaar

Waar of onwaar: Vonkelwyn word kouer as witwyn voorgesit.

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die temperatuur waarby jy wyn voorsit, beïnvloed die smaak en geur van die wyn. Dis waarom dit so belangrik is om enige wyn by die regte temperatuur voor te sit. Vonkelwyn word in die algemeen kouer gedrink om die optimale smaak daarvan te geniet. Die beste manier om 'n bottel wyn gou af te koel is om kombuispapier nat te maak en om die bottel te draai. Plaas dit dan in die vrieskas vir sowat 10-15 minute.

Jou punt

Jy geniet dit dalk om te eet, maar jou koskennis kort bietjie werk. Moenie bekommer nie, lees gereeld jou SARIE, SARIE KOS en SARIE.com en jou koskennis sal vinnig verbeter!
Beantwoord weer die vrae

Jou punt

Is jy seker jy is nie 'n sjef nie? Jou koskennis is uitstekend! Lees gereeld jou SARIE, SARIE KOS en SARIE.com om jou koskennis verder te verbeter!
Beantwoord weer die vrae

Maklike pavlova (maar niemand hoef dít te weet nie!)

Maak nou dié maklike pavlova en beïndruk jou vriende. Hulle hoef nie te weet hoe maklik dit eintlik is om te maak nie!

Kry die resep HIER

sk1011kooksaam (8)