sk08_4leerken01
Kosstories

Leer ken: Tamaties

Roma- of Italiaanse tamatie (links bo)
Baie mense in SA noem dié een sommer die jam-tamatie. Gebruik dit as jy tamatie-sous met vars tamaties wil kook.

Mini rosatamatie (regs bo)
Gebruik in slaai of om mee te kook. Veral lekker in pasta-souse.

Israeli tamatie (regs middel)
Die ideale slaai-tamatie, ferm genoeg om in skywe te sny.

Rooi kersietamatie (regs onder)
Gebruik dié klein, ronde soort in slaai. Hoe donkerder die kleur, hoe soeter die tamatie.
Daar’s ’n groot verskeidenheid – feitlik een vir elke gereg!

Groen tamatie (links voor)
Hulle lyk onryp, maar is nie! Dié soort is groen van buite, maar mooi pienk binne. Die tekstuur is ferm en die smaak effe suur. Wanneer hulle gebraai word, word hulle soeter. Groen tamaties is nie oral beskikbaar nie.

Geel kersietamatie (links middel)
Gebruik dié een meestal in slaai, soos in di haloumi-kaas-en tamatie- broodslaai. Dis effens soeter as die rooi kersietamatie en is daarom ook bekend as die heuning-tamatie.