img_8386
Kosstories

Toks ’n tjops-resep: Beesstert-potjie

4 porsies


Bestanddele:

1.2 kg beesstert, skoongemaak

100 g koekmeel

gemengde kruie na smaak

sout en peper na smaak

olyfolie

2 middelslag-uie, gekap

3 knoffelhuisies

1 pakkie wortels

1 pak botterskorsie

1 blik gekapte tamatie

1 ½ k cabernet sauvignon

1 ½ k beesaftreksel

1 blik botterbone, gedreineer

paprika na smaak

hand vol pietersielie

hand vol koljander

hand vol sprietuie, gekap

1 k basmati-rys, gekook

Metode:

  • Sit die beesstert in ’n groot bak en meng goed met die meel, sout, peper en gemengde kruie.
  • Maak seker dit is goed met meel bedek.
  • Verhit die olyfolie in die potjie, voeg die beesstert by en verbruin oraloor. Haal uit die potjie uit.
  • Voeg die uie en knoffel by en braai vir ’n paar minute. Voeg die beesstert weer by.
  • Voeg die botterskorsie en wortels by.
  • Voeg nou die tamatie, rooiwyn en aftreksel by en prut vir 2 uur (of tot die vleis sag is).
  • Voeg nou die botterbone en prut vir 15 minute. Voeg vars kruie by.
  • Sit voor saam met basmati-rys.
  • beesstert potjie

    Leka