img_8278
Kosstories

Toks ’n tjops-resep: Rooibos-gerookte-hoender

4 porsies

Bestanddele:

1 heel hoender (1.5 – 1.8 kg)

1 k koue water

1 k sagte bruinsuiker

2 eetlepels swartpeperkorrels

8 lourierblare

5 g vars roosmaryn

2 knoffelhuisies, grofgekap

5 korrels wonderpeper

10 sakkies rooibostee

500 g eikehout-saagsels (beskikbaar by Pick n Pay)

 

Metode:

  • Maak die hoender goed skoon en sny alle oortollige vel af.
  • Maak nou die hoender goed droog met kombuispapier.
  • Meng die res van die bestanddele (buiten die saagsels en teesakkies) en geur die hoender binne en buite daarmee.
  • Sprinkel die teesakkies en saagsels in ’n Weber.
  • Plaas die hoender op die rooster. Sodra die geure en aromas begin ontwikkel, maak jy die Weber toe sodat die rook nie ontsnap nie
  • Die grootte van die hoender sal bepaal hoe lank dit moet rooster, maar dis gemiddeld so 1-1.5 uur.