FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Kosstories

Trendy waatlemoendrankie: Stout of gesond – jy kies!

Vergeet van klapperwater, waatlemoen is die ding in 2017! Selfs Beyoncé het groot geld bestee om waatlemoenwater in Amerika te bemark.

Hier is twee resepte met trendy waatlemoen: een stout en een gesond.

Waatlemoen-mojito

Geniet die beste van die somer met ’n yskoue drankie uit Mexiko (hooffoto).

genoeg vir 1 liter

Plaas 1 kg waatlemoen, geskil en in blokke gesny, die sap en skil van 10 lemmetjies, 150 ml wit rum, 100 g (125 ml) bruinsuiker en 5 takkies kruisement in ’n voedselverwerker. Pols op hoë spoed tot gladde mengsel. Gooi 1 kg gebreekte ys in ’n glasbeker, gooi waatlemoenmengsel oor ys en sit voor.

Waatlemoen-smoothie

Plaas 200 g waatlemoenstukke in ’n voedselverwerker met 125 ml aarbei-jogurt. Voeg 5 blokkies ys, 5 kruisementblare en 3 eetlepels hawermout by en pols op hoë spoed tot gladde mengsel. Sit voor!

smoothie waatlemoen

Lees nou

Waatlemoenwater: glo gróót in 2017

Waatlemoen-en-vinkelslaai

Spesery-mojito