Kosstories

Tuiskos – 6-uur tuis eet ½ 7

Tuiskos

6-uur tuis eet ½ 7

Klein tamaties
Klein rosa-tamaties is van Italië afkomstig en vol geur – ideaal vir die spaghetti met gebarste tamaties op. R20,95 vir 600 g by Woolworths.

Balsemasyn
Ingevoerde Bottega balsemasyn van Italië word gebruik in die bone op roosterbrood. R53,95 by Pick ‘n Pay.

Heerlike camembertkaas
Probeer Fairview se camembertkaas met 40% minder vet in die bone op roosterbroodresep. Beskikbaar by supermarkte.

Langblaarslaai
Die kombinasie van langblaarslaai (cos lettuce) saam met ertjies en lamstjops mag dalk na ’n vreemde kombinasie klink, maar probeer  dit gerus.

Chorizo
Ingevoerde Spaanse chorizo wors het ‘n lekker byt en sal die hoenderborsies en lensies  heerlik geur. Beskikbaar by Woolworths.