Kosstories

Tuiskos – Bak nóú jou kers vrugtekoek

Tuiskos

Bak nóú jou kers vrugtekoek

Gepelde amandels
Dit is amandels waarvan die skil verwyder is.

Versier jou vrugtekoek
Glanskersies soos hierdie van Moir’s maak enige vrugtekoek feestelik.

Gemengde speserye
Dié mengsel van Robertson bevat piment, naeltjie, kaneel en neut. Hiersonder sal jy nie ‘n vrugtekoek kan bak nie.

Vrugtemengsel
As jy nie aparte pakkies rosyntjies, sultanas en sitrus-skil wil koop nie, probeer Safari se
vrugtemengsel. R9,99 vir 250 g.

Ontpitte dadels
Nog ’n bestanddeel in jou vrugtekoek is ontpitte dadels van Trumps. Sowat R7,49 by supermarkte.