Kosstories

Tuiskos – Die beste beskuit

Tuiskos

Die beste beskuit

Semels vir gesondheid
Spysverteringsemels (digestive bran) van Sasko word vir die gesondheidsbrood gebruik.
Dit verryk die brood met ekstra vesel.

Kitsgis
Hou sommer altyd ’n paar pakkies van Anchor se kitsgis in jou kas. Dit kom in pakkies van 10 g. R1,59 per pakkie.

Maak jou lewe makliker
Gebruik hierdie ontpitte groen olywe van Goldcrest vir die ciabatta. Sowat R21,99 by supermarkte.

Karringmelk vir beskuit
Die vloeistof wat oorbly nadat botter van room gemaak word in die karringproses, staan as karringmelk bekend. Clover se karringmelk kos sowat R6,95 vir 500 ml.

Vir jou beskuit
Gebruik Bokomo se Bran Flakes om jou Bran-beskuit te maak. Sowat R16,89 vir 500 g. Beskikbaar by supermarkte.