_MG_5734
Kosstories

VIDEO: Roomys met net 2 bestanddele!

Jy lees reg. Met net twee bestanddele kan jy hierdie maklike en boonop heerlike roomys maak.

Wat het ek nodig?

•  500 ml vars room
•  1 x 380 g blik karamel-kondensmelk

Plaas die room in ’n bak en klits met ’n elektriese menger op hoë spoed tot stywe punte vorm. Skep die karamel uit in ’n kleiner mengbak en roer totdat dit ’n gladde tekstuur het. Voeg die room by en vou in sodat dit ’n ligte mengsel vorm. Plaas in lugdigte houer en sit in vrieskas. Vries vir minstens 8 uur of oornag vir beste resultate.

Lees ons nuusbrief HIER

Lees nou

Kraakvars plaatskons op sy beste!

Maak sjokolade-rolletjies só

Herman se sjokoladekoek met ganache