Kosstories

Uit Tjailaresepte: Marianne se wenner vir ‘n koue wintersdag

(Mieliesop met paprika)

Lewer 4 porsies

BESTANDDELE 

30 ml (2 e) botter
1 groot ui, gekap
45 ml (3 e) koekmeel
750 ml (3 k) melk
2 x 410 g-blikke geroomde suikermielies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
gemaalde gerookte paprika na smaak

METODE

1. Smelt die botter oor matige hitte in ’n groot kastrol en braai die ui tot sag, maar nie te donker nie.

2. Roer die meel deeglik by – dit sal ’n redelike dik pasta vorm. Roer die melk geleidelik by en roer voortdurend om ’n gladde sous te vorm. Prut vir ’n paar minute tot die mengsel effens verdik en die meel gaar is.

3. Roer die suikermielies by en geur na smaak met sout, peper en paprika. Sit voor saam met brood van jou keuse.

WENKE
1. Brosgebraaide spek kan bo-op die sop gestrooi word.

2. Om aartappelsop te maak kan die mielies met ongeveer 500 ml (2 k) fyngekookte aartappel vervang word.

3. Gebruik net 500 ml (2 k) melk met 250 ml (1 k) room vir ’n ryker sop.

4. Gerookte paprika het ’n baie prominente smaak, maar kan in die sop met gewone paprika vervang word.

  • rWh2KU nzoozoftyned, [url=http://dvxhdxheoovt.com/]dvxhdxheoovt[/url], [link=http://yczcuwtolosq.com/]yczcuwtolosq[/link], http://bmkuqkksomfo.com/