Screen Shot 2016-05-23 at 2.27.07 PM
Kosstories

Vinnige varkgereg – in een pot!

Varklies met korrelmosterd en bosbessiesap

Varklies is een van die gewildste varksnitte en dis só veelsydig.

genoeg vir 4-6

• 60 ml olyfolie
• 1 ui, in dik ringe gesny
• 4 takkies salie
• 1,5 kg varklies, opgerol en vasgebind
• 125 ml heelkorrelmosterd
• 500 ml bosbessiesap

Verhit oond tot 180°C. Verhit olie in ’n vlak kastrol. Plaas uie en salie in pan en braai sowat 1-2 minute. Sit die varklies bo-op. Smeer ’n laag mosterd oor die varklies.

Voeg 500 ml bosbessiesap by. Bedek en plaas in oond. Bak vir 1 uur en 30 min. Verwyder deksel en bak ’n verdere 30 min oop. Sit voor met brosgebraaide aartappels en groente van jou keuse.