kelloggs biscotti
Kosstories

VIDEO: Sjokolade-biscotti vir ontbyt

Ja, jy het reg gelees. Soms wil jy net ’n beker stomende koffie of tee en beskuit hê met ontbyt. Nou kan jy heerlike biscotti maak om by die huis of op kantoor te geniet en jou gesin en kollegas beïndruk. 

kelloggstag

Ontbyt kan gesinstyd wees as jy dié happies voor die tyd maak. Almal kan bymekaarkom, die dag se roosters vergelyk en aan tafel gesels tussen monde vol sjokolade-biscotti met gemmer deur. Kry die volledige resep hieronder.

Landwyd lyk ontbyttyd splinternuut met heerlike resepte en voorstelle vir voorsit. Daar is miljoene maniere om jou dag groot te begin met Kellogg’s. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakkerkry? Hoe maak jy jou ontbyttafel anders? Laai jou resep op by www.shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-aanhangers se resepte. Elke maand van Mei tot November gaan vier resepte beloon word met ’n R1 000-koopbewys.

SJOKOLADE-BISCOTTI MET GEMMER

Lewer sowat 15-20 biscotti

Bestanddele
• 3 eiers
• 125 ml (½ k) bruinsuiker, heuning of xilitol
• 5 ml (1 t) vanielje
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• ’n knippie sout
• 500 ml (2 k) fyngemaalde Kellogg’s Coco Pops
• 100 g ingelegde gemmer, in stroop, opgekap

Metode

1) Verhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat.

2) Klits die eiers en suiker, heuning of xilitol tot lig en vaal.

3) Klits die vanielje by.

4) Voeg die bakpoeier, sout en fyngemaalde Kellogg’s Coco Pops by en meng goed. Voeg die ingelegde gemmer by en meng.

5) Vorm ’n bal, verdeel in twee en vorm twee ovaalvormige brode. Rangskik op die bakplaat en bak sowat 20 minute tot ligbruin en gaar.

6) Laat 10 min. afkoel en sny dan in dun, diagonale snye.

7) Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Plaas die biscotti-snye in ’n enkellaag op ’n draadrak bo-op die bakplaat.

8) Bak 10 minute aan albei kante tot uitgedroog.

9) Laat afkoel en berg in ’n lugdigte houer. Sit voor saam met koffie of tee.

kellogg's SYG logo

Maak ook

Dadel-en-rysmelk-smoothie

Kraakvars plaatskons op sy beste!

Ontbytvlokkie-en-kaasskons

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Elke maand tot November word vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp-Digitorial1