SA Melktert
FOTO: Donna Lewis

SA Melktert FOTO: Donna Lewis

Kosstories

Vier Nasionale Melktertdag met dié heerlike SARIE-melkterte

Is daar ’n lekkerder tert as melktert? Dié lekker gebak het, soos braaivleis, nou ook sy eie dag. Vandag is Nasionale Melktertdag. Ons vier dié dag met ons lekkerste melktertresepte uit die SARIE-argiewe.

Die tydskrif Weg het – in samewerking met Ladismith Botter – dit hul doelwit gemaak om dié nederige tertjie die erkenning te gee wat dit verdien: die status van volksbesit. Hulle skryf:

“Op 27 Februarie bring ons hulde aan dié happie vol heimwee en enigiemand kan in die feesdag deel. Melktert bak is nie duur nie en ook nie moeilik nie en ons wil graag die ganse land uitdaag om op 27 Februarie melktert te bak, te koop, uit te deel en te geniet. Gaan verras jou dorp se ouetehuis met ’n paar terte in die hand, nooi die bure oor vir tee, deel handtertjies uit by ’n verkeerslig, pak ’n snytjie in die kinders se kosblikke vir eerste pouse… Kortom: deel die vreugde van Nasionale Melktertdag met jou medemens! Loer ook aanlyn op Weg se Werf, Weg se Facebook-blad en ook by Nasionale Melktertdag s’n hoe ander Suid-Afrikaners aan melktert smul. En laai jou foto’s en video’s van die feesvieringe op!”

Die storie van melktert

Kan jy nou meer, melktert is toe nie so eie aan SA soos jy gedink het nie! Lees die geskiedenis van dié lekker gebak HIER.

FOTO: Donna Lewis

SA se melktert FOTO: Donna Lewis

Melkterte van regoor die wêreld

 Skakels na dié resepte

Wen-melktert

Ons het in 2009 SA se lekkerste melktert gesoek en dit gekry in tannie Helie Williams van Bellville se melktert.

Tannie Helie se wen-melktert

Tannie Helie se wen-melktert

TANT HELIE SE MOETS & MOENIES
 
  • Hou alles koud terwyl jy die deeg maak, en werk vinnig en liggies om die deeg koel te hou. As daar ’n dakwaaier is, skakel aan! (Lugversorging is nog beter.)
  • Sy’t geglo jy moet Darling-botter gebruik en geen ander nie. Die rede was glo dat dit die minimum water bevat sodat die deeg nie sag en klewerig is nie.
  • Gebruik net die regte hoeveelheid yswater, anders sal die deeg klewerig wees en die eindresultaat taai en harderig.
  • Gebruik ’n baie skerp mes om die deeg te sny, anders word die deeg gekneus en sal dit nie ’n klomp lagies vorm nie.

Kry dié wen-resep HIER.

Natasha Sutherland se melktert

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Natasha het in 2009 dié melktert op kykNET se kookprogram Roer! gemaak.

Kors

  • 2 koppies meelblom
  • knippie sout
  • ½ koppie suiker
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ koppie botter
  • 1 eier

 

 

 

 

Metode

1. Voorverhit oond tot 200°C. Room alles saam. Druk die krummelrige beslag in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Bak vir ongeveer 15 minute tot goudbruin.
2. Kry die vulsel gereed terwyl die kors in die oond bak.

Vulsel

  • 4 ½ koppies melk
  • ¾ koppie suiker
  • 3 eetlepels botter (gebruik botter, nie margarien nie, vir ‘n beter smaak)
  • 2 ½ eetlepels (opgehoop) meelblom
  • 2 ½ eetlepels opgehoop) mielieblom
  • 3 eiers (geklits)

Metode

1. Kook die melk in ‘n kastrol, voeg botter en suiker by.
2. Voeg droe bestanddele by die geklitste eier in ‘n afsonderlike bak – klits weer.
3. Voeg ‘n bietjie van die melkmengsel (ongeveer ‘n koppie) by bogenoemde en klits saam.
4. Voeg bogenoemde geleidelik by die gekookte melk in die kastrol op die stoof – roer aanhoudend met ‘n houtlepel tot die mengsel verdik. Wees versigtig, want klonte vorm maklik en die melk brand maklik aan – ROER!
5. Sodra die mengsel kook en verdik, is dit gereed om in die kors te gooi.
6. Wanneer dit afgekoel het, sprinkel kaneel oor.

Klein melktertjies

Klein melktertjiesDié tradisionele gebak kan ook in kleiner weergawes gebak word. Dié resep lewer 18 klein melktertjies.

Kry die resep HIER.

 

 

 

 

Melktert met ’n twist

Links: Pannekoek-pakkies met melktertvulsel en lemoensous | Regs: Melktert-fudge

Vir meer inligting oor Nasionale Melktertdag, besoek hul Facebook-blad.