Kosstories

Vier resepte uit Anita en Deon Meyer se kookboek: Kom eet!

[box:full:grey:both]

Lensiesop met gerookte varkrib

[/box]

Deon het my geleer hoe om hierdie sop te maak. Ek glo dat indien hy sy ma se eersgeborene was, hy sy reg daarop op ’n koue wintersdag vir ’n pot van dié sop sou verkwansel.

Lensiesop met gerookte varkrib

15 g (1 e) botter of margarien
15 ml (1 e) olie
1 ui, fyngekap
1 wortel, fyngesny
1 selderystok, fyngesny
250 g gerookte varkrib
250 g lensies, gewas
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 liter (4 k) beesvleisa_ reksel
sout en varsgemaalde swartpeper
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap

Verhit
die botter of margarien en olie in die pot van ’n drukkoker.
Braai die ui, wortel en seldery tot die ui sag en deurskynend is.
Voeg die varkrib, lensies, tamaties en die beesvleisaft reksel by.
Verhit tot kookpunt, maak die drukkoker toe en kook 1 uur lank, of
totdat die vleis baie sag is en maklik van die bene afk om.
Indien jy dit verkies, kan jy nou die varkrib se bene verwyder.
Geur met sout en peper na smaak.

Bediening
Skep in ’n opdienskottel en strooi die pietersielie oor.

[box:full:grey:both]

Ouma Freda se viskoekies

[/box]

As daar een ding is wat die saamstel van hierdie boek oor en oor die moeite werd maak, is dit dat ek uiteindelik my ma se viskoekieresep op papier het. Die heel lekkerste vis om te gebruik is die oorskietvis van maaltye waar gebakte of gebraaide vis voorgesit is. En dit kan maar meer as een soort vis wees. My ma vries die oorskiet tot sy genoeg vis het vir ’n baksel viskoekies.

Ouma Freda se viskoekies

Lewer 16 viskoekies

750 g gaar stokvis, gevlok
1 ui, grofgerasper
45 ml (3 e) vars of 30 ml (2 e)
droë pietersielie
6 snye Sasko™-heuning-enhawermoutbrood, in melk geweek en melk uitgedruk
’n knippie sout
1 ml (¼ t) witpeper
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
1 ml (¼ t) fyn koljander
2 eiers, geklits
15 ml (1 e) bruinasyn
sonneblomolie om in te bak

Meng al die bestanddele in ’n mengbak. Dit is ’n redelik losserige mengsel.
Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ’n elektriese braaipan wat op medium hitte gestel is.
Rol die vismengsel in balletjies en druk plat.
Bak die viskoekies 5 minute aan die een kant, draai dit om en bak nog 5 minute aan die ander kant.
Plaas die koekies op handdoekpapier om die ergste olie te absorbeer.

Bediening
Sit voor saam met kapokaartappels en ertjies.

[box:full:grey:both]

Pampoenpoffertjies

[/box]

Pampoenpoffertjies

Lewer 25 groot Poffertjies

250 g pampoen, in blokkies gesny
250 ml (1 k) sagte botter of margarien
250 ml (1 k) suiker
4 ekstra groot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
450 ml (1¾ k) koekmeelblom
250 ml (1 k) bruismeel
5 ml (1 t) bakpoeier
sonneblomolie vir diepbraai
kaneelsuiker of gouestroop

Kook die pampoen in ’n klein bietjie soutwater tot gaar.

Dreineer en pols dit dan in ’n voedselverwerker tot glad. Laat eenkant effens afkoel.
Klits die botter of margarien terwyl jy die suiker bietjie vir bietjie bygooi.
Voeg die eiers en die vanieljegeursel hierby en klits deeglik. Roer dit by die pampoen in.
Sif die koekmeelblom, bruismeel en bakpoeier saam. Voeg die pampoenmengsel by en meng
deeglik.
Verhit die olie in ’n diep genoeg pan vir diepbraai. Skep lepels vol van die pampoenmengsel daarin en bak tot gaar.

Dreineer op kombuispapier.

Bediening
Sit voor met kaneelsuiker of stroop.

[box:full:grey:both]

Aartappelslaai met kondensmelk

[/box]

Aartappelslaai met kondensmelk

Lewer 4 porsies

5 groot ongeskilde aartappels
100 ml (2/5 k) fyn pynappel
75 ml (5 e) mayonnaise
15 ml (1 e) kondensmelk

Kook die aartappels op in water met ’n knippie sout in. Laat die aartappels afkoel.

Trek die skille af en sny in klein blokkies.

Plaas in ’n slaaibak.
Meng die res van die bestanddele apart en skep dit dan oor die aartappels. Meng liggies.

[box:full:grey:both]

Sago-en-vla-melkkos

[/box]

Lewer 8 porsies

250 ml (1 k) sago
2,5 liter (10 k) melk
2 eiers
60 ml (¼ k) water
60 ml (¼ k) vlapoeier
2 ml (½ t) sout
15 ml (1 e) botter of margarien
kaneelsuiker

Week die sago 1 uur lank in die melk.
Verhit dan die mengsel in ’n groot swaarboomkastrol tot kookpunt terwyl jy dit die hele tyd roer.
Skei die eiers. Klits die eiergele, water, vlapoeier en sout saam.
Roer die eiermengsel by die sago-enmelkmengsel in, en kook totdat dit verdik.
Roer die botter of margarien by.
Klits die eierwitte tot styf en vou by die melkkos in.

Hierdie resep is spesiaal vir Lida. Vroeg in die winter van 2010 vra sy dat ek hierdie melkkos vir aandete maak toe ek en sy een naweek alleen by die huis is.

Ons het die een bak ná die ander voor die televisie sit en eet terwyl ons DVD’s kyk. As ek reg onthou, het daar niks oorgebly nie (die resep lewer eintlik genoeg vir 8 persone). Terwyl ek die resep sit en tik, is Lida reisend in Parys, Frankryk, en ek verlang na haar.

Bediening
Sit voor saam met kaneelsuiker.

  • ouma freda se viskoekies

    dit lyk baie lekker

  • sago-en- vla- melkkos

    gaan dit probeer

  • stellakleinhans

    het die viskoekies geniet.gaan gereeld maak