1kelloggs
Kosstories

Vrugtige “koeskoes”

Baie dieselfde as ’n geurige Marokkaanse gereg met gekapte dadels en appelkose, vars vrugte en ment gemeng met Kellogg’s Special K. 

kelloggstag

genoeg vir 4

• 6 dadels, ontpit en fyngekap
• 6 Turkse droëappelkose, fyngekap
• 100 ml lemoensap
• 2 appels, in blokkies gesny
• 2 pere, in blokkies gesny
• 5 ml kaneel
• hand vol vars mentblare, fyngekap
• 500 ml Kellogg’s Special K, fyngedruk
• 100 g gevlokte amandels, gerooster
• heuning na smaak

Plaas dadels, appelkose en lemoensap saam in ’n mengbak en laat staan vir minstens een uur. Voeg die vrugte, kaneel en ment by. Plaas in yskas tot benodig.

Meng Kellogg’s Special K en amandels. Verdeel tussen bakkies en sit voor met vrugtemengsel. Voeg heuning na smaak by.

kellogg's SYG logo

Maak ook

Dadel-en-rysmelk-smoothie

Kraakvars plaatskons op sy beste!

Ontbytvlokkie-en-kaasskons

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp-Digitorial1