FOTO Unsplash / Scott Webb

FOTO Unsplash / Scott Webb

Kosstories

Waatlemoenwater: glo gróót in 2017

Een van die groot kostrends van 2017 gaan glo waatlemoenwater wees!

Eers het al die gesondheidsfoendies kokosneutwater gedrink, maar die fiksheid-celeb Jillian Michaels het nou verklaar: Waatlemoenwater is die nuwe kokosneutwater. En die webtuiste MyDomaine stem saam.

Dit is ook danksy die Amerikaanse produk WTRMLN WTR dat dié drankie nou begin gewild raak. Dit help natuurlik dat Beyoncé ’n aandeel in die maatskappy het. Sy sê WTRMLN WTR is die toekoms van skoon, natuurlike hidrasie.

Dit is jou nuwe sexy oefenmaat.

- Beyoncé oor WTRMLN WTR

Dié handelsmerk van waatlemoenwater word gemaak met koudgeperste waatlemoensap. Dit bevat net waatlemoen en ’n bietjie suurlemoensap

Die voordele van dié water? Dis glo propvol vitamien C, antioksidante, flavonoïede soos luteïen, likopeen en betakaroteen.

Hoewel die gesondheidsvoordele goed lyk, sê Molly Kimball, ’n sportdieetkundige met wie Huffington Post gepraat het, jy moet versigtig wees met die suiker. Die drankie bevat nie ekstra suiker nie, maar te veel vrugtesuiker is ook nie goed vir jou nie.

Voordat dit volgende jaar ’n groot trend raak, kan jy solank jou eie maak!

Lees nou

Waatlemoen-mojito

Waatlemoenslaai met polenta-calamari

Mariza blog: Piesangs, waatlemoen en jou gewig – waarheid of wors?