Kosstories

Die Klits-en-klets-blog: Jou Paastafel-spyskaart & die storie daaragter

Ons Klits-en-klets-blogger gee nie net vandag heerlike resepte vir jou Paastafel nie, sy vertel ook waar dié geregte vandaan kom.

Die winkels is reeds vol sjokolade-hasies en ruik hemels met die geur van die speserye in die Paasbolletjies. En dit beteken net een ding … Paasfees is hier!

Die Paas-spyskaart (en die storie daaragter)

Paasbolletjies

Dié rolletjies is verrykte brood, wat beteken dit bevat eiers. Tradisioneel word eiers verbied tydens die Katolieke Lydenstyd en met die koms van Pase kon hulle dit weer eet.

Die bolletjies word ook met ’n kruis versier – hetsy met ekstra deeg of die kruis word in die deeg ingesny as simbool van Jesus se kruis.

RESEP: Paasbolletjiebrood (Herman wys jou stap vir stap)

step_7

SARIE se kosredakteur Herman Lensing wys ook verskillende maniere om iets besonders van gewone Paasbolletjies te maak …

RESEP: Hot cross bun-roomysbroodjies

mg_3903

RESEP: Hot cross bun-broodpoeding

mg_3987

Paaseiers en Paashase

Eiers is ’n simbool van nuwe lewe. Tradisioneel is eiers vir die Pase rooi gekleur om Jesus se bloed te simboliseer.

RESEP: Tuisgemaakte Paaseiers

sr1204_hoofkos_9_RESEP: Karamel-en-esdoring-Paaseiers

sr1304_hoofkos_2_

Kerrievis

Die Kaap-Maleise invloed is ’n móét op Goeie Vrydag. Die tradisie kom van die Kaap-Maleise slawe wat geglo het dit is onheilig om vleis op Goeie Vrydag te eet. Vandag glo nie almal hieraan nie, maar dié gepiekelde vis is maklik om vir ’n groot familie voor te sit omdat dit lank vooraf gemaak kan word.

Kry dié resep HIER

Lamsvleis

Christene verwys na Jesus as die Lam van God en dit word aangeneem dat die vleis op tafel was ter ere aan die Lam van God. Historici noem ook dat lamsvleis die eerste vars vleis beskikbaar sou wees ná ’n lang winter.

Kry dié resep HIER

Ek hoop die feestyd bring al jou familie en vriende saam om die tafel met dié heerlike Paas-spyskaart.

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok