Kosstories

Wêreldklas in die Kaapse hawe

Kaapstad word nou ‘n hot internasionale bestemming met die opening van die nuwe One&Only Resort & Spa in die V&A Waterfront. Maar goeie nuus vir plaaslike besoekers – ons is ook welkom!

Wêreldberoemde restaurante soos Gordon Ramsay se Maze, en die Japanese Nobu gooi hul deure oop vir ‘n eet ervaring. Maar sou jy wou oorbly, kan jy kies uit een van 90 kamers met ‘n ongelooflike uitsig of Tafelberg, of selfs een van die 40 suites op die eiland. En tussen die talle ingevoerde luukse wapper die SA-vlag trots – van kos en wyn tot krane! Natuurlik is daar ‘n wêreldklas spa waar jy van vele behandelings kan kies.  

Al wat ek meer kan sê is gaan kyk vir jouself! – Ruben Moore

www.oneandonlyresorts.com