Guacamole-burger sonder rolletjie
Kosstories

’n Fees vir avokado-liefhebbers + maak die lekkerste guacamole-burger

Avokado-liefhebbers is die afgelope tyd geskok oor die hoë prys van hul gunsteling-kos.

Maar as jy weer die goeie vette wil eet, kry ’n bakkie plaaslik vervaardigde Westfalia Guacamole by jou handelaar. Dié heerlike bakkies bevat tot 2 hele avokado’s in elke bakkie, met die voorgestelde prys van R24,99. 

Probeer dié resep met jou bakkie guacamole! Dié burger is ’n goeie opsie as jy minder koolhidrate wil eet en meer goeie vette wil inneem!

promotion tag

Voorbereiding: 10 minute

Braaityd: 30 minute

Lewer 4 porsies

  • 500 g varkworsies
  • 500 g maalvleis
  • 1 fyngekapte rooi-ui
  • tiemieblaartjies van 6 takkies
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 eier
  • sout en peper
  • 50 ml Westfalia se knoffel-gegeurde avokado-oile
  • 30 ml botter
  • 180 g suiker-ertjies
  • groenslaai
  • Westfalia Avokado Guacamole

Verhit oond tot 200 °C. Druk die vleis van worsies uit. Meng dit met die maalvleis, ui, tiemieblaartjies, suurlemoenskil, knoffelhuisies en eier. Geur met sout en peper. Vorm 4 groot burgers met jou hande. Verhit olie in pan (wat jy in die oond kan sit) en braai burgers weerskante tot mooi bruin. Plaas pan in warm oond en rooster vir sowat 20 minute tot gaar.

Smelt botter in pan en braai suiker-ertjies vir 3 minute.

Skep Westfalia Avokado Guacamole op elke burger en sit voor met suiker-ertjies en groenslaai.

Guacamole-burger sonder rolletjie

Pas die geur van jou burger aan met verskillende geure verskillende geure Westfalia Guacamole waaronder gewoon (Plain), speseryagtig (Spicy), soet brandrissie (Sweet Chilli) en biltong.