Kosstories

Winter 2008 – Droomkos

Droomkos

Koffie

Intens kóffie
Jou koffielooppoeding het regtig góéie sjokolade nodig. Lindt Excellence se Coffee Intense-sjokolade sal die vulsel nóg meer koffierig maak. Dit kos sowat R25 vir 100 g by supermarkte.

Veerligte skuim
Die groot lekkerte van ‘n café latte is die hoeveelheid melkskuim wat jy bo-op kry. Hierdie skuimklitser van Prestige kos sowat R40 by Pick n Pay.

Vingerkoekies
Selfs jou Boudoir-koekies word deesdae ook met koffie gegeur! Bakers s’n kos sowat R10 vir 125 g by supermarkte.

Boeretroos in ’n kits
Verlang jy na ‘n lekker sterk koppie boeretroos? Nescafé Collection Cap Colombie kitskoffiekorrels is boonop ideaal vir enige koffiegebak. Dit kos sowat R50 by supermarkte.

Leipoldt

Trots SA
Selfs Leipoldt sou vandag Mrs Ball’s se reeks blatjangs geniet het! Dit word in sy tamatiebredie gebruik, en kos sowat R12 vir 470 g by supermarkte.

’n Lekker alternatief
As jy nie karringmelk in die hande kan kry vir die padda in die gat-resep nie, gebruik gerus Spar se vetvrye ongegeurde jogurt in plaas daarvan − dit werk net so goed.

Gemeng
Probeer ‘n slag nie net droëperskes nie, maar gemengde droëvrugte van Safari (sowat R23 vir 250 g by supermarkte) vir ‘n gestoofde nagereg.

Gebotter
Die beslag vir padda in die gat vra régte botter, asseblief! Spar se gesoute botter sal sorg dat jou gebak elke keer groot sukses behaal.


Piri piri

Van die rak
As jy nie kans sien om self die pasteis de Nata aan te pak nie, kan jy hulle van die rak af koop by Woolworths teen R27,95 vir ses.

In die sop
Die groenboneen- aartappelsop vra vars groenbone, maar diebevrore soort van Spar is net so lekker − en reeds opgesny.

’n Botteltjie brand
Rond jou pregorolletjie op af met Nando’s se Hot Sweet Peri-Peri Sauce. Jy sal voel jy is in Portugal! Dit kos sowat R14 by supermarkte of Nando’s-takke.

Soet geur
Vanielje-ekstrak se smaak is naby die werklike smaak van vanielje. Gebruik dit in die pasteis de Nata. Staffords s’n kos sowat R50 vir 50 ml by supermarkte.