Kosstories

Winter 2008 – My kos

My kos

Aartapels

Uit die Ooste
Vir die gebakte aartappels word hierdie Thai-blare van Thai Heritage (sowat R16 by supermarkte) gebruik vir daardie spesiale geur.

Vir mayonnaise met woema
Wasabi is ook beskikbaar in poeiervorm en is nie nét soesji se maat nie – dit gee skop aan die mayonnaise vir die aartappelwiggies op. Sowat R29 vir 25 g by supermarkte.

Van die denneboom
Dennepitjies verskaf ekstra brosheid en geur op gebakte aartappels. Sowat R23 vir 100 g by supermarkte.

Olie vir die slaai
Olyfolie is ‘n móét in jou koskas. Probeer Spar s’n vir die aartappelslaai. Dit word spesiaal van Italië ingevoer.

Lae vet

In ’n blik
Geblikte mielies van Woolworths werk heerlik vir die mieliekoekies. Dit smaak asof hulle pas vars van die stronk gehaal is. Dit kos R7,95.

Klein maar getrain
Dis soveel eenvoudiger om klein babaspinasie- blare te gebruik vir die pilaf. Die kleiner blare word vinnig en maklik gewas. Beskikbaar by supermarkte.

Meksikaanse basis
Vir die pizza op is Old El Paso se Burrito Tortillas ideaal. Hulle word lekker bros in die oond en is ook heerlik opgerol om ‘n vulsel. Sowat R45 vir 10 by supermarkte.

Olyfgeur
Probeer dié mediumvet-olyfolie-smeer van Spar. Dit gee ‘n lekker olyfsmaak aan die sprietui-kapokaartappels, dis boonop ‘n goeie bron van omega 3 en 6-olies.

Sop

Leer jou ABC
Kinders sal enige tyd sop eet wanneer jy Pagani se alfabetpasta by die ligte groente-noedelsop voeg. Beskikbaar by deli’s teen sowat R20.

Organies lekker
Die tamatiebroodsop benodig ‘n goeie hoenderaftreksel. Probeer Woolworths se organiese weergawe (R16,95). Groenteaftreksel is ook te kry.

Spesiaal vir risotto
Risotto-rys van Tastic is nét die ding vir die rys-en aartappelsop op. Die korrels is vet en verdubbel in grootte wanneer dit gaar is. Sowat R26 by supermarkte

Hou in jou kas
Hoender- en groenteaftreksel- blokkies van Telma maak elk 1 liter heerlike aftreksel. Jy het dus ‘n keuse van twee aftreksel-geure vir die driebonesop op. Sowat R9 vir 3 blokkies by supermarkte.