Kosstories

Winter 2008 – Tuiskos

Tuiskos

6 hr tuis eet ½ 7

Fyngekrummel
Om heerlike schnitzels te maak, het jy goeie broodkrummels nodig. Bokomo s’n kos sowat R10,50 vir 200 g by supermarkte.

Vinnige noedels
Een so ‘n noedel-hopie (daar’s twee hierbo) is een porsie en jy maak dit in 2 of 3 minute gaar. Tai Ping se Instant Egg Noodles kos sowat R11 vir 454 g (8 porsies).

Burger-meester
Die burger-pasteie is so vinnig omdat jy klaargemaakte patties van I&J kan koop. Die “flamegrilled” geur is heerlik! Sowat R30 vir 6 by supermarkte.

Baba-erte
Lekker om altyd in jou vrieskas te hou − McCain se baba-ertjies. Wonderlik om net so te eet, of in die ertjie-en aartappelsop. Dit kos sowat R30 vir 1 kg by supermarkte.

Broodjies

Tamatie met byt
Rond jou Franse braaibrood met pecorino-kaas af met Woolworths se tamatiebrandrissiekonfyt. Dit kos R23,95.

Korrel-korrel
’n Lepelvol korrelmosterd op jou croque-monsieur sal enige Fransman huis toe laat verlang. Colman’s se Mild Wholegrain korrelmosterd kos sowat R18 by supermarkte.

Skouer aan die wiel
Gebruik rugspek/skouerspek in plaas van repiespek saam met Franse braaibrood as jy minder vet in jou gereg wil hê. Enterprise s’n kos sowat R18 vir 250 g.

Romerig
’n BLT is nie ‘n BLT sonder mayonnaise nie! Dié romerige mayonnaise van Spar, in ‘n nuttige plastiekspuitbottel, beteken jy hoef nie eens ‘n lepel vuil te maak nie.

Pasta

Organies geblik
Hierdie organiese geblikte tamaties in tamatiesap word ingevoer uit Italië. Jy’t dit nodig vir die partytjielasagne. Dis beskikbaar by supermarkte teen sowat R8 per blik.

Kaas-balle
Dié sagte mozzarella-kaas-balle van Zandam word gebruik in die tamatieen- 3-kase-gebak. Dit kos sowat R18 vir 120 g by supermarkte.

Griekse soutigheid
Tradisionele fetakaas van Simonsberg kan jy in jou slaai of feitlik enige pasta-gereg, soos die tamatie-en- 3-kase-gebak gebruik. Dit kos sowat R30 vir 500 g by supermarkte

Verrykte spaghetti
Met hierdie spaghetti van Spar kan jy jou gesin met ‘n geruste hart op pasta-geregte trakteer: dis verryk met vitamiene en minerale.