7de Laan Kook se boekbekendstelling - FOTO's
Die splinternuwe kookboek, 7de Laan Kook, waarin sewe van die mees geliefde sepie-karakters hul gunstelinggeregte deel, is nou op die rak. Die bekendstelling was die week by die Hyde Park-winkelsentrum, en kyk net wie was almal daar!
Meeste van die geregte sal kykers herken van die TV-program, maar nóú, danksy die kookboek, kan kykers dit vir die eerste keer self maak en proe.
Die resepte sluit in Matrone se melktert en 'n Generaal De la Rey-koek met droë vye en pekanneute, Charmaine se hoenderbrijani en karringmelk-poeding, Hilda se dadelvingers en sunrise surprise special, Lukas se geroosterde pepervolstruis en avokado-en-salmmousse en forel, Paula se cocktails en roerbraairesepte, Mariase resepte van Moekie, by wie sy leer kook het, en Vince deel resepte vir klein happies wat by funksies voorgesit kan word.
Danie Odendaal, vervaardiger van 7de Laan, sê oor dié nuwe produk vir kykers: "Ek is verheug oor die projek en het self van die resepte beproef - uiteindelik weet ek nou hoe Hilda se dadelvingers en Matrone se melktert proe! Ek het nog altyd daaroor gewonder. Dit was groot pret om aan die kookboek te werk en ek is baie trots op die resultaat. Maar ons het ook harde bene gekou, want die kokke is hipergesteld op hul disse. Elke soet-suur of sout-soet kombinasie moes perfek wees. Ek vertrou ons kykers wat dié disse beproef, sal hul toewyding kan
Eksklusief -
2 resepte uit die boek
Klik vir 'n voorsmakie
proe."
Die bekende skrywer André P. Brink, wat 'n 7de Laan-entoesias is, het ook net komplimente vir dié nuwe kookboek: "'n Bestanddeel van die lekkerte wat 7de Laan lekkerder as ander sepies maak, is die kos. En lekker kry nuwe betekenis in 7de Laan Kook."
Kerneels Breytenbach is die skrywer van 7de Laan Kook.
Hier's foto's van die bekendstelling by die Hyde Park-winkelsentrum Dinsdagaand.
![]() |
![]() |
| Jacques Blignaut (Vince) teken 'n boek | Die hele groep L-R – Danie Odendaal (vervaardiger), Colin Howard (lyn-vervaardiger) Vinette Ebrahim, Hendrik Cronjé, Amalia Uys, Jacques Blignaut, Annelisa Weiland, ‘n lid van die publiek, Kerneels Breytenbach wat die boek se teks geskryf het, Annie Basson (toesighoudende vervaardiger), Annelize van der Ryst en Daleen van der Merwe wat die resepte in die boek saamgestel het. |
![]() |
![]() |
| Daleen van der Merwe wat die resepte in die boek saamgestel het |
Diaan Lawrenson (Paula) teken 'n boek vir 'n leser |
Verwante artikels
-
Pedro Camara: "Elke dag genees die wonde al hoe meer"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Dis die ondenkbare – dis Kersfees en iets gebeur wat jou lewe onherroeplik verander. Is die vreugde van die feestyd nou vir altyd weg? Pedro Camara (Carlos van 7de Laan) vertel hoe hy ná ’n tragedie weer hoop kon kry.

























Kommentaar
Elize Bosua het gesê:
hou so aan, julle is wenners, beste sepie ooit
24ste Apr. 2012, 13:38rita het gesê:
wens ek kon een bekostig
9de Jan. 2011, 11:03rita het gesê:
wens ek kon een bekostig
9de Jan. 2011, 11:03agnesta corver het gesê:
eke wil ook een he.....love julle*
23ste Nov. 2010, 16:59Marie Hattingh het gesê:
Ek hou van 7de laan se mensies en sal definitief hulle kookboek aanskaf Marie
13de Nov. 2010, 15:12blou chaterbox bul het gesê:
wens was daar gewees. GROOT VANPAULA EN VAN VINCE
7de Nov. 2010, 19:48Saretha Benadé het gesê:
Dit was die beste idee ooit om so 'n boek saam te stel.Wel gedaan!
5de Nov. 2010, 10:20Leynette van Wyk het gesê:
stunning, ek love 7de laan
5de Nov. 2010, 10:19