Barbara en Herman op Ontbytsake
SARIE KOS se Barbara Joubert en SARIE se Herman Lensing demonstreer die perfekte steak en tjips uit die nuwe SARIE KOS vir mans op Ontbytsake. Kyk die insetsel hier.
Só skryf Barbara en Herman in die heel eerste uitgawe van SARIE KOS vir mans:
VAN BARBARA
Die lekkerste vir my . . . is die dag as my man agter die potte invaar en vir almal begin kosmaak. Met dié uitgawe van SARIE KOS – spesiaal vir die manne – kan jy ook jou kookvernuf wys. Daar’s iets vir die forelvangers (bl. 100) en goeie gaarmaak-idees vir daardie welkome springbokboud wat jy present gekry het (bl. 44). Ek wys jou ook hoe om self die deeg vir die pastei te maak – ’n maklike kuns om te bemeester. En wat ’n lekker kuier was dit nie by die avontuurskrywer Johan Bakkes nie (bl. 22). Dis net ’n plesier om ’n man so gemaklik te sien kook oor die kole. Die rugbyspeler (en gentleman) Pieter de Villiers, wat al 70 toetse vir Frankryk gespeel het, tower wonderlike Franse geregte op (bl. 12).
Manne, dis nóú tyd om jul kreatiwiteit in die kombuis uit te leef. Die vrou in jou lewe sal beslis nie omgee nie!

VAN HERMAN
Van kleintyd af hou ek van kosmaak. My manspêlle het dit nog altyd geweet – hulle kom klop maklik aan my deur as die hongerpyne knaag . . . en elke keer vra hulle (net so terloops) ek moet hulle ook leer kosmaak. Wel, nou is daar nie meer ’n verskoning nie. Hier’s nou ’n tydskrif vol van alles wat lekker en maklik is om te kook. Steak en tjips is mos die manne se hartskos. En as jy weet hoe, maak jy dit beter gaar as ’n sjef (bl. 72). Ek wys jou ook ’n eenvoudige driegangmaal – om op te maak as jy dalk by iemand in die moeilikheid is – met alles van tafel dek tot jou inkopielys (bl. 90). Vergeet ook sommer van wegneem-etes. Hier is niks minder nie as 15 maklike 30-minuut-etes! (bl. 82) Jy kan dus elke aand met min moeite lekker eet.
Al wat nou vir jou oorbly, is om jou voorskoot nader te trek, jou messe te slyp en die oond aan te skakel . . .

Verwante artikels
-
Ontbytsake maak 'n CD saam met bekendes
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Aanbieders van die kykNET-oggendprogram, Ontbytsake, het hul rol as aanbieders eenkant toe geskuif om 'n album op te neem.
-
Veelsydige Milan Murray: aktrise, sangeres, skrywer. Wat volgende?
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Sy kan nie nét toneelspeel nie. Haar nuutste skepping is sowaar `n boek wat later vanjaar uitgegee word! Koemelaat (dis haar tweejarige seun se woord vir `n skoenlapper!).




















Kommentaar