Roer! - Corine du Toit se koue komkommersop
Nie baie mense weet dit nie, maar 'n komkommer word geklassifiseer as 'n vrug. Gebruik dit om 'n verfrissende sop te maak. Dit maak 'n heerlike voorgereg

Bestanddele
- 1 ui
- 1 komkommer (geskil en pitte uitgehaal)
- 1 koppie groente-aftreksel
- 1 koppie vetvrye ongegeurde jogurt
- 2 knoffelhuisies
- ½ koppie pietersielie
- ½ koppie kruisement
- ¼ koppie suurlemoensap
- sout en pepper na smaak
Metode:
1. Sny ui in stukkies en braai in olyfolie. Laat afkoel.
2. Gooi al die bestanddele bymekaar en verwerk in voedselwerker tot glad.
3. Sit voor met rogbrood en olyfpatee.
Verwante artikels
-
Corine du Toit oor haar jongste fliek
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk die voorprent.
-
Corine du Toit, Vicky Davis in bekroonde kunsfliek met Holllywood-regisseur - VIDEO en foto's
SARIE Augustus 2010
Corine du Toit (Jane in Egoli), Pasella-aanbieder Vicky Davis, en komediant Cokey Falkow speel in Florida Road, die bekroonde kunsfliek wat handel oor 'n Indiese familie wat hul tuisdorp, Moembaai, verlaat vir 'n beter lewe in Durban.
-
Die man aan Corine du Toit se sy
SARIE - November 2010
Dis vier jaar ná die gru-ongeluk waarin sy haar neus vergruis het en Corine du Toit se ster skyn helderder as ooit. Ook met die liefde gaan dit goed!
-
Nuwe SA-riller se voorskou hier
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk dit hier...
-
Roer! - Corine du Toit se bessie-mousse
SARIE - September 2009
Dié nagereg kry 'n lekker strooplagie bo-op wat gemaak word van versiersuiker en aarbeie. Perfek om 'n maaltyd mee af te sluit
-
Roer! - Corine du Toit se salm met groenslaai en wasabi-roomsous
SARIE - September 2009
Maak iets spesiaals van dié visgereg deur dit met 'n wasabi-roomsous voor te sit. Wees net versigtig, die wasabi laat dit lekker brand!

















Kommentaar