Herman blog oor emosies, lysies en kook
Ek is mos een van daardie mense wat heeltemal te veel oor dinge dink. Ek beplan alles in detail en maak seker ek skryf 'n lysie van presies wat gedoen moet word.
Byvoorbeeld: Die naweek sit ek by die huis en pak my kaste reg. Iewers tussen alles kom ek toe op 'n hele klomp van die lysies af . . . Niks spesiaals nie, maar wat my aandag getrek het, was hoe elke lysie sy eie persoonlikheid het!
Party is ewe parmantig in drukskrif geskryf. Ander is weer met sorg in sulke mooi fancy letters geskryf. 'n Hele klomp is sommer so deurmekaar. Dan is daar weer die lysies wat baie mooi opgedeel is in groente, suiwel en vleis. Hier en daar is daar selfs 'n lynsketsie gemaak!
Ek het al die lysies voor my uitgepak en met sorg ewe slim probeer iets maak van alles. Toe slaan dit my soos 'n hamer tussen die oë: Die manier hoe ons dinge aanpak, word 100% deur ons gevoel beïnvloed.
As ek kyk na die lysies wat sommer so geskribbel is, onthou ek dat daardie aand se kos heeltemal verbeeldingloos was. Dit was die dag wat ek my kar gestamp het.
Dan is daar die lysie wat so ewe sexy geskryf is. Bo-aan is daar selfs 'n hart geteken. Daai aand se kos was baie verlydelik en lekker. Dit was die dag wat ek weer van voor af verlief geraak het!
Lysie na lysie vat my terug na iets anders. Lekker kos – wat ek weer proe. Ander kere raak ek van voor af kwaad oor my buurvrou se gekerm.
Dit was die laaste lysie wat my geraak het: Dit was die volledigste van almal. Baie netjies geskryf. Daar was selfs 'n klein spyskaart op die lysie – bobotie met gestoofde perskes was bo-aan. Gebakte malvapoeding met dik vla. Oondgeroosterde beet. Dit was die dag wat ek huistoe verlang het. Ek onthou nog daai ete, want dit het my herinner aan my ouerhuis se liefde: Die troosting wat ek gevind het by alles wat veilig is, die onskuld van kindwees en die liefde wat net hulle vir ons kan gee.
Dis lekker om weer te kan onthou. Ek glo dat alles wat ek aanpak, uit herinneringe gedoen word. Kos is intuïsie, iets wat van binne af kom. Natuurlik sal jou omgewing en bui dit beïnvloed. Die geheim wat ek geleer het, is om altyd negatiewe dinge opsy te sit wanneer ons begin kook.
Kos is daardie een ding waarnatoe ons kan ontvlug. 'n Veilige hawe vir ons gevoelens en emosies. Iets waaraan jy jou heeltemal kan oorgee en net jouself wees.
Verwante artikels
-
"Die dag toe ek vir Ronaldo sien!" SARIE se Herman vertel
SARIE - Junie 2010
Oukei, ek is mos maar ’n plattelandse seun van Upington en as dit by celebs kom, verloor ek sommer kop.
-
Herman blog: 'Ek droom van kondensmelk'
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 2
Kondensmelk is 155 jaar gelede op 19 Augustus 1856 vir die eerste keer gepatenteer. Dit het Herman Lensing, SARIE-kosredakteur, sommer geïnspireer om oor kondensmelk te blog! Ons deel ook resepte.
-
Herman Lensing: "Sonder hierdie kosboeke kan ek nie!"
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 1
SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, verklap hoekom hierdie kookboeke sy top 5 is.
-
Herman se blog: Soos ’n voël in die lug
SARIE - Desember 2009
Ek het altyd gewonder hoe dit sal wees om te kan eet saam met die voëls...
-
Herman se blog: ’n Brood in die oond
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
“Daar is dálk beter dinge as bredie, gebakte aartappels en tuisgemaakte brood – dálk ...” het die Amerikaanse joernalis en skrywer David Grayson gesê. En ek stem heelhartig saam!
-
Herman, SARIE-kosredakteur, blog: Die kookboek van alle kookboeke
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 7
SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, put inspirasie uit 'n naamlose, fotolose resepte-"skatkis"
-
SARIE-kosredakteur, Herman, is verlief op Meryl Streep en die fliek Julie and Julia
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Herman Lensing, SARIE-kosredakteur, het 'n spesiale voorvertoning van die nuwe Meryl Streep-fiek, Julie & Julia, bygewoon. Die verhaal is watertand-lekker!
















Kommentaar
wilna het gesê:
ai dankie vir die mooi herinneringe wat jy met ons deel!
30ste Mar. 2010, 10:15