Goeie kos, goeie wyn in Kaapstad
Die Good Food & Wine Show lok jaarliks duisende na 'n fees van goeie kos en wyn in die Moederstad. Daar word geproe, geëet en gedrink - heel naweek lank
En te danke aan Swiss Internasional Airways gaan jou gunsteling BBC-sjefs ook in aksie te sien wees. Daardie top-sjefs gaan nie net van hul beste geregte opdis nie, maar ook wys hoe om 'n groen tuin te kweek en daaruit te leef.
Kos-ghoeroe Ainsley, soos in Ainsley Harriott van Ready Steady Cook, is vanjaar vir die eerste keer by die Good Food & Wine Show. Ander ster-sjefs sluit in:
Brian Turner (Ready Steady Cook), Skye Gyngell (Petersham Nurseries Café), Marcos Georgiou (uitvoerende sjef van Jamie's Italian),
Katie en Giancarlo Cladesi (BBC se Return to Tuscany), ons eie Giggling Gourmet Jenny Morris, Yhdhika Sujanani,
Ramona Taljaard, Matthew Gordan, Conrad Gallagher en Gabriel le Roux.
Kyk uit vir die Chefs in Action Theatre.
![]() |
![]() |
![]() |
| Marcos Georgiou (van Jamie's Italian) |
Skye Gyngell (Petersham Nurseries Café) |
Ainsley Harriott (bekende BBC-sjef) |
Nóg om na uit te sien:
- Die wyn-uitverkoping - beste wyne teen die beste pryse
- Interaktiewe koffie- en skemerkelkie-werksessies
- Die Bier-roete - van die beste plaaslike en ingevoerde biere. Kenners en meesterbrouers vertel meer, en hulle leer jou watter disse die beste by 'n spesifieke bier pas (of andersom!)
- 'n Spesiale fokus op Mediterreense kos deur die uitvoerende sjef van Jamie Oliver se reeks Italiaanse restaurante, Marcos Georgiou. Pastas, pizzas, souse, roomys ...
Wat, waar, hoeveel?
- 28 tot 31 Mei by KIKS (Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum)
R75 vir volwassenes
R35 vir kinders onder 12 en pensioenarisse.
**LET WEL: Kaartjies vir die Chefs in Action Theatre kos R30 ekstra
Verwante artikels
-
Ainsley Harriott in Kaapstad
SARIE - Junie 2009
Hy staan twee meter hoog en glimlag net so breed soos op daardie treffer-TV-program Ready Steady Cook - die "sagmoedige reus" van Britse kookkuns. Hy't die feel good factor. Lou-Ann Stone het met Ainsley Harriott gesels






























Kommentaar