Gróót steurgarnaalfees in Durban
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Durban vier op 12 en 13 November steurgarnaalfees in samewerking met die South African Chefs Association (SACA) en Imajin Events. Dit gebeur alles by die Suncoast Casino and Entertainment World.
20 van Durban se top-restaurante en -hotelsjefs gaan spog met hul steurgarnaal-en-rys-spesialiteitsgeregte.
Dít gaan hulle gebruik:
- 1 ton steurgarnale (prawns)
- 750 kg Aunt Caroline’s Rice
- souse en marinades van die Unilever Food Solutions-produkreeks
Jy kan elk van die 20 sjefs se geregte probeer en dan saam met die beoordelaars stem vir die King Prawn 2009.
Kaartjies kos R150 per persoon (geen kinders onder 18). Dit sluit 'n porsie van elke gereg en 2 glase KWV-wyn of koeldrank in. Daar’s ook ’n proegeleentheid van KWV-brandewyn en Ciro-koffie.
Kaartjies is beskikbaar by Suncoast se inligtingstoonbank (oorkant die Afrokwazi-winkel) vanaf 6 tot 13 November tussen 12:00 en 16:00.
Vir meer inligting oor die fees, skakel Mornay Camminga by 083 232 3573.
Verwante artikels
-
12-Minute-vissop in brood (as voorgereg óf 'n maal op sy eie)
SARIE - Julie 2007
Bouillabaisse, oftewel vissop, kom oorspronklik van Frankryk. Daar is honderde weergawes - dié een is maklik en vinnig.
-
Eiland steurgarnaal-kerrie
SARIE KOS Winter 2009
Lus vir iets eksoties? Dan is dié een vir jou
-
Groente-en-seekostempura
SARIE KOS - Somer 2007
Ah! Lang strande, lang someraande en lang kuiers by kosfoendi Arnold Hoon en aktrise Annalise Bosch op Paternoster. Dié bekende paartjie ontdek die kosskatte van die Weskus. Jy moet net aansit ...
-
Seekos-risotto
SARIE - September 2006
’n Risotto bly maar een van my gunstelinge. As jy nie langoestiene in die hande kan kry nie (dit word net bevrore by ons verkoop), kan jy dit vervang met steurgarnale
-
Steurgarnaal-en-papajaslaai
SARIE KOS - Lente 2008
-
Steurgarnaalkelkie
SARIE KOS - Winter 2008
Steurgarnale (prawns) in ’n halwe avokadopeer is ’n Avokado Ritz
-
Steurgarnale in fillodeeg
SARIE - Maart 2007
Dis heerlik saam met ’n soet brandrissiesous wat jy sommer in jou supermark kan koop
-
Steurgarnale, koningklip & pasta in papier gebak
SARIE - Februarie 2008
Jy kan dié gereg vooraf maak, en net voor jy dit in die oond sit, maak toe in die papierpakkies
















Kry jou SARIE oral, enige tyd