Gunstelinge uit Ouma se resepteboek

SARIE - Desember 2009

Gunstelinge uit Ouma se resepteboek Foto’s: Micky Hoyle Galery

Ons het gevra wat jou gunsteling-dis uit Ouma se resepteboek is. Dis wat júlle gesê het + ons gee soortgelyke resepte uit SARIE en SARIE KOS.

Ons het julle op ons Facebook-blad gevra wat julle gunsteling-dis uit Ouma se resepteboek is. Hier is wat julle te sê gehad het:

Susan Marx Myburgh:
"Regte egte outydse melkkos met kaneelsuiker. As ek nie my voet neersit nie sal my mense dit elke aand wil eet."

Azaan Groenewald:
"Soetkoekies. Ouma het dit elke Desember-vakansie vir ons gemaak, en laasjaar het ek dit self probeer - Dankie tog Ouma is nog hier om hand by te sit."

Susan Jordaan:
"Vla koekies en jam-tertjies. Ai hoe wens ek my mammie het vandag nog gelewe dan kon ons die Kersfees saam gebak het."

Hannelie Lochner:
"Seker maar haar pampoenkoekies en Jan Ellis-poeding."

Maryke Plaut:
"Frikkadelle toegerol in koolblare, met witrys, ertjies & soetwortels... Vir nagereg was dit pampoenkoekies met klomp kaneelsuiker!"

Irina Snyman:
"Outydse rugstringpastei en wit ystervarkies."

Rene van Jaarsveld:
"Ouma se wynhoender. So lekker!"

Elsa Oberholzer Grobler:
"Ouma Bets Oberholzer se Sagopoeding! Uit die boonste rakke, veral daardie tuisgemaakte heel appelkooskonfyt. Jy delwe behoorlik om daardie konfytstuk raak te skep en aan te smul. DANKIE, Ouma Bets, vir die heerlike heerlikheid wat altyd by my sal bly al is u al 88 jaar jonk."

Christa Anna du Toit:
"Bobotie en geelrys. En pampoenkoekies."

Annelie Buchler:
"Souskluitjies!"

Adri Van Rensburg:
"Skaapnekbredie."

Michelle Beaton Laubscher:
"Alles-in-'n-pot!"

Rolene Barnhoorn:
"Hollandse Ouma... Appelflappen, krentebolle met Oujaar!"

Elize Verwaaij-Mare:
"Romerige tarentaal of fisant met uie en aartappels, egte boereboontjies met soetpatats en broodpoeding!!! Alles gedoen in of bo op 'n koolstoof!"

Mi-anie Van Rensburg:
"Gemmerkoekies! Beste innie wêreld."

Ria DeWet Harmse:
"Hoe sy dit reggekry het om die vetgevoerde werfhaan te kon rek om al die kinders en kleinkinders te voed..."

Santa Kloosterziel:
"Vrugtekoek! Donker en lekker aangeklam!"

Leani de Wet Odendaal:
"After dinner mints: sulke smelt-in-die-mond lekkertjies van kondensmelk, versiersuiker en eierwit met groen kleursel en mint essence!"

Hannelie Stafleu Kriek:
"Kerspoeding soos net Ouma dit kon maak."

Anmar Volschenk:
"Vars gebakte brood en plaasbotter!"

Anita van der Linde:
"Ouma se boontjiesop en vars gebakte brood."

Hannie Botha:
"Gestoofde beesvleis met wortels en aartappels!"

Wilma Kellerman:
"Ouma se groenvyekonfyt!"

Joey Matthee:
"Haar regte egte outydse melktert!"

Erica Van Jaarsveld:
"Ouma van Jaarsveld se blaarkors-resepte vir Jam-tertjies en melktert."

Lottie Esterhuizen:
"Baie beslis souskluitjies. Dit smelt in jou mond met daai kaneel sousie."

Tanja Lategan:
"Tamatie-rysslaai."

HIER IS SOORTGELYKE SARIE EN SARIE KOS RESEPTE VIR NOG INSPIRASIE

Gestoofde spesery-beesstert
Bobotie
Gestoofde spesery-beesstert Bobotie
Boontjiesop Tuisgebakte brood
Boontjiesop Tuisgebakte brood
Broodpoeding Coq au vin (hoender in rooiwyn)
Broodpoeding
Frikkadelle toegedraai in kool
Gebakte sagopoeding
Frikkadelle Sagopoeding
Melktert Melkkos
Melktert Melkkos
Outydse soetkoekies met groenvye en kaas 
Vrugtekoek
Soetkoekies Vrugtekoek

Verwante artikels

Galery

  • Melktert
  • Gestoofde spesery-beesstert
  • Bobotie
  • Boontjiesop
  • Tuisgebakte brood
  • Broodpoeding
  • coq.jpg
  • Frikkadelle
  • Melkkos
  • Sagopoeding
  • Soetkoekies
  • Vrugtekoek

Kommentaar

  • Goeie middag. Ek is op soek na die regte outydse korslose melktert maar in groot maat soos bv 'n bakpan vol. Ek sal dit baie waardeer

    28ste Mar. 2013, 11:37
  • ek is asb op soek na 'n choclot koek resep wat leke sag klam is,

    13de Nov. 2012, 07:25
  • Ek was vandag by 'n kerkbazaar en daar was 'n klein koekie ding war 'n vrou gese het dat dit "repelsteeltjie" genoem word. Dit was soooooo lekker. Waar of wie ken die resep. Asb !!!!!!!

    24ste Okt. 2012, 11:29
  • Ek soek ook na 'n resep vir die outydse jamtertjies, gewoonlik met skilferkors gemaak, maar sal enige resep waardeer.

    29ste Feb. 2012, 11:26
  • Ek is op soek na die gemmerkoekies resep wat in SARIE Desember 2009 se uitgawe verskyn het.

    27ste Jan. 2012, 09:01
  • Ek het 'n Springbok present gekry en soek resepte om 'n wildspastei te maak en om 'n springbokboud gaar te maak. Dankie, Irene

    18de Jul. 2011, 21:32
  • helo daar ek is op soek na n resep vir pilafstyl rys kan jy as help

    12de Jul. 2011, 11:05
  • Hi Sonja Hier is n ou resep van my ma Handtertjies 1 pond margarine 1 klein botteltjie sodawater 5 kop meel. Meng die meel en botter goed met vingers. Voeg die sodawater by en meng tot n stywe deeg. Druk uit in ronde vorms. Sit appelkooskonfyt wat in meel gerol is in die middel van die sirkel en vou dubbeld. Werk die randjies mooi af. Smeer eiergeel bo-oor en bak tot gaar.

    23ste Mar. 2011, 07:31
  • Op soek na 'n resep vir jamtertjies met sodawater genaak

    13de Des. 2010, 12:07
  • halo daar ek is opsoek na n resep vir jamtertjies met suurrroom gemaak asb dankie johan

    18de Feb. 2010, 12:32