Herman Lensing: "Sonder hierdie kosboeke kan ek nie!"
SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, verklap hoekom hierdie kookboeke sy top 5 is.
1. Die Suid-Afrikaanse Vleis-kookboek deur Sannie Smit
Dié een boek wat jou álles leer oor vleis.

2. Waar vye nog soet is deur Emilia le Roux en François Smuts
Seker die mooiste Suid-Afrikaanse kookboek wat ek besit! Die stories en foto's laat jou verlang na Ouma se kos.

3. Larousse Gastronomique - The World's Greatest Culinary Encyclopedia
Dié handgids tot kook. Alles wat jy wil weet oor elke klassieke dis en presies hoe jy dit op die regte manier moet voorberei. 'n Moet op enige kosmens se boekrak!

4. On food and cooking deur Harold McGee
Dis ’n belangrike kookboek om te hê as jy wil verstaan hoekom bestanddele op sekere maniere in die kookproses reageer. Wat is die chemie agter geklitse eier en vleis wat verbruin? Die boek leer jou om kook werklik te verstaan en te weet hoe om die beste resultate te kry.

5. My Ouma se handgeskrewe resepteboek
Dié boek is my juweel op my boekrak. Dis my grootword-kos, die handleiding wat my gevorm het as kosmens en die boek waar ek elke keer nuwe inspirasie kry. As ek opsoek is na ’n koek wat nooit sal flop nie, kry ek dit in Ouma se resepteboek.

Ons het ook gaan aanklop by kosghoeroe Peter Veldsman en SARIE KOS-kosredakteur, Barbara Joubert, om te hoor watter kookboeke hulle inspireer.
PETER VELDSMAN

Daar is eintlik meer as een. Sannie Smit se Die Suid-Afrikaanse Vleis-kookboek. Rina Pont se Suid-Afrikaanse Wildsgeregte beskou ek steeds as die boek wat my die meeste geleer het.
Die eerlikste boek wat ek gelees het, was verseker Waar vye nog soet is van Emilia le Roux en François Smuts.
Hester se brood deur Hester van der Walt was vir my ook geweldig inspirerend.
BARBARA JOUBERT

Sonder twyfel Sannie Smit se Die Suid-Afrikaanse Vleis-kookboek. As jy iets van vleis wil weet, sal jy dit daarin kry.
Verwante artikels
-
Herman blog oor emosies, lysies en kook
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Ek is mos een van daardie mense wat heeltemal te veel oor dinge dink. Ek beplan alles in detail en maak seker ek skryf 'n lysie van presies wat gedoen moet word.
-
Herman se grootword-sjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 3
"Niemand kon bak soos my ouma nie. Hier is haar oorspronklike resep. Dis die maklikste en lekkerste een wat ek ken."
























Kommentaar
Frans Kleingeld het gesê:
Hi Herman, Tannie Sannie Smit se vleis kookboek is darem een van die beste kookboeke oor vleis wat ooit geskryf is en al die resepte is wenners. Fantasties!!!! Nog al snaaks voor ek die artikel gelees het, het nogal gewonder of jy een van my gunstelinge gaan noem. Lekker Kook Frans Kleingeld
6de Feb. 2012, 01:07