Herman se blog: Soos ’n voël in die lug
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek het altyd gewonder hoe dit sal wees om te kan eet saam met die voëls...
Hoog bo die wolke met net die wind in my ore, die son in my gesig en die gevoel absolute vryheid. Dit was altyd net 'n fantasie, want kyk, hoog bo die wolke sal jy my nie maklik vind nie. My vrees vir enigiets hoër as twee trappies is onbeskryflik.
So ontvang ek mos toe laas week 'n uitnodiging na die bekendstelling van 'n kliënt se nuwe bemarkingsveldtog vir 2010. Die uitnodiging was nie baie duidelik oor wat presies gebeur nie, maar die kleurrykheid van taxi's en opslaanhuise het my oortuig van 'n ete in Soweto. VERKEERD!
Ná 'n 2 ure-vlug na Johannesburg het ek uiteindelik 'n antwoord op my vraag gekry: Ons gaan eet in die wolke.
Die vrees was oral in my liggaam, my voete was meteens te swaar. My hande bewe. My oë word wasig en my maag pyn. In my kop bly draai die woorde van my pa: “Kry eers die feite, dan begin stres jy”.
Die feite: Ons gaan 50 meter bo in die lug aan ’n stoel vasgebind word, met niks onder my nie. Die feite het almal gedui op alles wat ek vrees.
Ons almal is met een slag gevra om asseblief ons sitplekke in te neem. Duisende vrae omring my en ek soek 'n rede om agter te bly. Die rit na bo kan ek nie juis eintlik onthou nie. Al wat ek wel kan onthou, is hoe hoër ons gegaan het, hoe swaarder het my voete geword en hoe meer het ek gebewe.
Ná die uitmergelende vlug het ons die geleentheid gekry om uiteindelik ’n fantasie te beleef. 21 van ons kry die geleentheid om ontbyt saam met die engele te eet. Tot nou toe nog soek ek die engele. Wat ek geëet het, kan ek ook nie juis onthou nie – net dat elke happie baie ver van my af gevoel het. My hande was swaar en ek was vasgevang op ’n plek waar ek nêrens kon gaan nie.
45 minute later is ons onder toe. Die gevoel van vrede en vaste grond was onbeskryflik. Dit was vir my duidelik dat die fantasie van eet in die wolke nie vir my is nie. Ek is maar 'n ou tradisionele outjie. Ek eet graag by my lang houttafel, met die vryheid van kom en gaan soos ek wil. As ek rêrig die vreugde van die natuur wil ervaar, dek ek ’n tafel op die stoep.
Die tafel is vir my so ’n spesiale plek. Kosmaak is so uniek. Om dit te ervaar is vir my seker een van die grootste vreugdes. Om in die wolke te eet, is ’n proses van pyniging en absoluut sinneloos!

- Herman Lensing, SARIE-kosredakteur
Verwante artikels
-
"Die dag toe ek vir Ronaldo sien!" SARIE se Herman vertel
SARIE - Junie 2010
Oukei, ek is mos maar ’n plattelandse seun van Upington en as dit by celebs kom, verloor ek sommer kop.
-
Herman blog oor emosies, lysies en kook
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Ek is mos een van daardie mense wat heeltemal te veel oor dinge dink. Ek beplan alles in detail en maak seker ek skryf 'n lysie van presies wat gedoen moet word.
-
Herman se blog: ’n Brood in die oond
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
“Daar is dálk beter dinge as bredie, gebakte aartappels en tuisgemaakte brood – dálk ...” het die Amerikaanse joernalis en skrywer David Grayson gesê. En ek stem heelhartig saam!
-
Herman, SARIE-kosredakteur, blog: Die kookboek van alle kookboeke
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 7
SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, put inspirasie uit 'n naamlose, fotolose resepte-"skatkis"
-
Nuwe kosredakteur, Herman Lensing, se puttanesca-resep
Klik vir die resep wat hy in sy RSG-onderhoud genoem het
-
SARIE-kosredakteur, Herman, is verlief op Meryl Streep en die fliek Julie and Julia
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Herman Lensing, SARIE-kosredakteur, het 'n spesiale voorvertoning van die nuwe Meryl Streep-fiek, Julie & Julia, bygewoon. Die verhaal is watertand-lekker!
-
Willie Harcourt-Cooze, sjokolade-'towenaar', by die Good Food & Wine Show
SARIE - Mei 2010
Die jaarlikse Good Food & Wine Show vind volgende week van 13 – 16 Mei in die Kaap plaas. Groot name om voor uit te kyk is die meester Gordon Ramsay, die Italianer Giorgio Locatelli en meester-pâtissier Eric Lanlard.























Kommentaar