Het jy geweet?
Koejawels het 3 keer meer vitamien C as lemoene, byna 20 keer meer as piesangs en sowat 3 keer soveel as papajas!
Hulle is ’n goeie bron van yster en vesel en bevat ook betakaroteen, kalsium en kalium.
As ’n ryk bron van vesel help koejawels om cholesterol en bloeddruk te verlaag. Die likopene daarin help om hartsiektes te voorkom. Met min kilojoules en 'n lae glukemiese indeks (GI) hou jy die honger én die vetrolle in bedwang. Koejawels word selfs in skoonheidsmiddels gebruik: Hulle is ryk aan antioksidante (vitamiene A, B, C en kalium), wat groot teenverouderings- en detoks-voordele vir jou vel inhou.
Blaai na bl. 24 in jou nuutste SARIE KOS – die winter 2009-uitgawe – vir resepte met dié wintervrug.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd