In jou SARIE KOS Somer 2009-uitgawe
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Lang kuiertafels met koesterkos uit die Klein-Karoo, vars somerslaaie, tuisgemaakte roomys, 'n verskeidenheid halfuur-etes vir die hele gesin, sjokolade-lekkertes uit die yskas en SA se beste trifle - dís jou somer-uitgawe van SARIE KOS!
Barbara gesels oor die beste tyd van die jaar
"Nou's mos die tyd vir onthaal en lékker kook - veral vir Kersfees en Nuwejaar.
Maak vir hierdie warm swembad-dae jou eie roomys - glo my, dis makliker as wat jy dink.
Ek en Herman Lensing, SARIE se nuwe kosredakteur, het ook baie pret gehad met die menigte inskrywings vir ons trifle-wedstryd. Die wen-trifle op bl. 58 sal sekerlik vanjaar op etlike Kerstafels pryk!
"Dis nou ook die tyd vir onverwagte gaste. Op bl. 82 wys ek die vinnigste feeshappies met deli-eetgoed. Of wat van 'n yskastert? Dié treffer het lanklaas so lekker gelyk - en gesmaak - soos dié vanaf bl. 46. In die kol veral vir die sjokoliste onder ons.
"Kook heerlik, en geniet die smaaklikhede van 'n ware feestyd."
- Barbara (kosredakteur van SARIE KOS)
![]() |
Sjokolade-bederf uit die yskas Drielaag-sjokolade-nagereg |
![]() |
Raak soet! Nougat, klapperys, sjokolade- truffels ... maak 'n slag lekkers vir die gesin of as geskenk. Klapperys (foto links) |
![]() |
So veelsydig Heerlike, sappige varklies kan vir als van 'n Kersonthaal tot ligte middagetes voorgesit word. Spinasie-gevulde varklies |
![]() |
Koel kruisement Appel-en-fetakaas-slaai met |
![]() |
Wen-trifle vir Kersfees 'n Besonderse bederf met oondgeroosterde perskes - hier's Myrna Klerck van Muckleneuk, Pretoria, wenner van ons wedstryd, se resep. |
![]() |
Vegetariese vakansie Griekse ratatouille (foto links) |
![]() |
Beet, beter, beste Verby is die dae van net gepekelde beet eet. Daar's soveel meer wat jy met hierdie gesondrooie heilsaamheid kan doen. Koue beetsop (foto links) |
![]() |
6-uur tuis, eet half-7 Baba-aartappels met hoender-repies |
![]() |
Bak & brou Koekies vir die Kersboom en kaaspoffertjies as geskenk. Kersfees-glaskoekies (foto links) |
![]() |
Kortpad-roomys soos jý dit maak Dié koue lekkertes - almal Italiaanse semifreddo - is baie eenvoudig om te maak, sónder 'n roomysmasjien. Vanielje-semifreddo-blokkies met |






































Kommentaar
Helena het gesê:
Waar kan ek ASB 'n kopie van Sarie Somer 2009-uitgawe kry. Dit het heerlike koue etes wat geskik is vir warm somer dae in. Asb as iemand kan help, sal ek dit baie waardeer. Groete Helena
17de Nov. 2011, 15:44Marie Rheeder het gesê:
dieetkos vir die wat so lekker smul aan rooi se heerlike vertoon kos n fees vir oe verruklik op die tong is dit soos seks vir die siel ons liefdes verhouding met kos. En Sarie is die goed versogde vrou wat dit op n skinkbord aanbied . "Let it roll mamma" Hou so aan dit soos n goeie huwelik ons hou mekaar gelukkig. Dieet.......met Sarie sek kos rebrukie nee nee ek het nog al my varkies op hok weet nie hoe lank hulle veilig gaan wees nie, te lief vir kos
15de Feb. 2010, 11:00Wilna het gesê:
Hallo Ek kry nie die Sarie-Kos tydskrif in die hande nie. Kan iemand my a.s.b. help met die resep van die Kersfees-glaskoekies. Ek soek dit so spoedig moontlik. Baie dankie byvoorbaat. Groete
10de Feb. 2010, 11:02Adrie-marie Muller het gesê:
Dit is die beste inspirasie wat ek in 2009 gekry het hoop dit gee nog en meer vir 2010.
16de Jan. 2010, 16:48Ann Wolmarans het gesê:
Ek het die naweek die Sarie Kos tydskrif vir die Somer in die winkel gesien en besef dat ek uitgemis het op die vorige 3 uitgawes vir 2009 aangesien ek in die buiteland gewerk het. Hoe kan ek die vorige 3 uitgawes in die hande kry, is dit enigsins moontlik vir julle om dit vir my te pos en ek betaal dan kba of stuur my kredietkaartinligting vir julle vir die betaling? Ek hoop regtig julle kan my help.
4de Jan. 2010, 06:36Sjani het gesê:
Die resepte is fantasties, ons kuier tans in die Kaap en ek het my boek by die huis vergeet, en wil sommer huil, maar gelukkig kan ek hier en daar goed onthou.
29ste Des. 2009, 17:48Liezel het gesê:
Ek het gister die koue beetsop (bl.117) uit Sarie Kos somer 2009 gemaak. Ek was teleurgesteld, dit het gesmaak na enige ander groentesop. Ek voel dat dit waarskynlik beter sal werk as mens die resep gebruik van Sarie Feb 2006. Die beet moet vooraf gaargemaak word, as dit saam met die groente aftreksel gekook word gaan die beet se smaak verlore.
26ste Des. 2009, 17:47Maryke van SARIE het gesê:
Hi Debbie. You'll find all the English recipes of all the SARIE KOS issues, except for the current issue, on sarie.com. Click on English recipes in the SARIE KOS section under KOS & WYN on the top navigation bar. The translated recipes of the current issue are only loaded about 6 weeks after the issue goes on sale.
22ste Des. 2009, 09:22Debbie het gesê:
Sarie Kos Somer 2009 advertises that the ENG recipes can be found on their web site - yet to date they're still not posted. Come on, this is so frustrating..... Please just print the Eng versions at the back of the Afr mag and save your devoted Eng fans a lot of hassle. It was user friendly and convenient to flip to the end section of the mag. Hear our pleas - Please.
22ste Des. 2009, 04:57Lezette het gesê:
Hi ek wil graag weet hoe maak mens spinsuiker, kan jul my laat weet?
21ste Des. 2009, 12:55Maryke van SARIE het gesê:
Hi Yvonne. Die bykos-geregte sal jy by hierdie webadres vind: http://www.sarie.com/lees/artikels/roosmaryn-aartappel-koekies
18de Des. 2009, 11:34Yvonne de Lange het gesê:
Ek wil so graag die groente maak wat in jul artikel Kos met Hart - Kos met 'n doel (Sarie Kos Somer 2009) by die Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel bedien word. Ek het op jul webtuiste gesok, maar kon dit nie vind nie. Kan julle dalk help? Groete, Yvonne de Lange yvonnedl@absamail.co.za
17de Des. 2009, 18:28monica het gesê:
hi there I bought the sarie kos book i love it ! ,you should bring back the English section like in i think it was the begging of the years mag where you had the last few pages was translated in English .I'm looking for the runners up of the trifle recipes . thank you monica
15de Des. 2009, 09:29Sheryl Lange het gesê:
Geseende Kersfees aan almal by Sariekos dit is 'n fantastiese tydskrif ek het nog nie een uitgawe gemis nie en beplan ook nie om een te mis nie. Groete Sheryl Lange
14de Des. 2009, 15:45Hettie hanrkom het gesê:
Die vars vye by die roomys is iets nuut.Die sjokolade 3 laag....uuuuhhhhmmmmmmm!Sarie kos...altyd 'n wenner op die tafel, onder die kersboom oral.
13de Des. 2009, 09:10Marié Pitzer het gesê:
Het gister my tydskrif gekoop. Wat 'n fees. Dankie vir al die heerlike resepte vir Kerstyd. Marié
11de Des. 2009, 10:31Cathy Jacobs het gesê:
Lyk en klink na 'n hemelse Somerfees!
9de Des. 2009, 23:27