Kuier dié Pase in die tuin
Foto’s: Donna Lewis Galery
Vier Paasnaweek vol vreugde en stil oomblikke in die buitelug. Hier is al die kos en dekor idees wat jy nodig het.
“Om Jesus te volg beteken dat ons ’n nuwe manier van lewe binnegaan, een waarvan die aard en vorm bepaal word deur die Een wat ons roep. En om Jesus te volg beteken ons kan nie dit wat Hy sê en dit wat Hy doen, veral hoe Hy dit doen, van mekaar skei nie. Om Hom te volg gaan dalk meer oor voete as wat dit oor ore en oë gaan.”
Eugene H. Peterson uit The Jesus Way
![]() |
HAAS-NAAMKAARTJIES As jy meer formeel gaan dek, maak vir jou gaste prettige naamkaartjies. Google Silhouette of rabbits en kies ’n ontwerp na jou smaak. Vergroot of verklein op ’n fotostaatmasjien en knip die ontwerp uit swart papier. Knip 10 x 10 cm-naamkaartjies uit stywe papier, vou dit dubbel en plak ’n hasie op elkeen vas. Skryf die name met ’n wit pen daarop. Die glasbottels (vanaf R270) is van Wetherlys. Die klein ovaal borde kos vanaf R150 elk, die bak R280 en die vaas R260, alles te koop by Montebello. Die groen hasie (R225) is van Caramel. Koekvurkies behoort aan stilis. |
![]() |
RESEPVERSAMELING Die Paasnaweek is die ideale tyd om jou los resepte te orden. Gebruik |
![]() |
NESSIES VAN LAP Skeur repe materiaal van so 3 cm breed uit katoenlap. Rol dit liggies om jou hand en trek dit af. Vorm ’n nessie. Plak dit op ’n klein sirkel papier vas om ’n digte bodem te maak. Steek dit in die tuin weg met ’n paar Paaseiers daarin. Tik ’n Paasboodskap en druk uit op gekleurde papier. Knip in repe uit en rol op, plaas in nessies. |
![]() |
SALIG ’n Lekker groot dagbed op jou stoep of onder ’n boom is die toppunt van weelde. |
![]() |
PAASBOLLETJIES Vir 12-14 bolletjies • 250 ml warm melk Verhit oond tot 180 ˚C. Meng melk, botter, eier, suiker, sout en gis in ’n middelslag-mengbak. Voeg speserye en genoeg meel by tot ’n stywe, kniebare deeg. Knie vir 5 – 8 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Laat deeg op ’n warm plek rys tot dubbel die volume, sowat 1 uur. |
![]() |
PANNEKOEK MET KARAMELSOUS Vir 24 pannekoeke • 1 liter melk Klits melk, eiers, olie, vanielje en suiker saam in ’n middelslagmengbak. Sif meel, sout en neutmuskaat by en meng tot gladde beslag. Laat rus vir 10 minute in yskas. Karamelsous: Plaas karamel en melk saam in ’n middelslag-pot oor matige hitte. Klits met draadklitser tot loperige, gladde mengsel. Voeg fudge by. Sit pannekoek voor met karamelsous en bessies. |
![]() |
OORGROOT VISKOEKE 6 porsies • 400 g witvis van jou keuse, fyngekap Verhit oond tot 180 ˚C. Meng vis, aartappels, ui, knoffel, koljander en basiliekruid. Voeg eier en meel by en meng goed. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mengsel in 6 ewe groot balle en druk effens plat. Buite-kors: Doop koeke in eier, dan in koekmeel en laastens in broodkrummels. Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan en braai koekies sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas in warm oond vir verdere 10 minute of tot gaar. Sit warm voor met piekel-uie en tamatieblatjang. |
![]() |
HOENDERLEWER-PATEE 6 porsies • 25 g botter Verhit botter tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg uie, knoffel en tiemie by. Braai liggies tot goudbruin. Voeg hoenderlewers by en braai verder tot goudbruin, sowat 5 minute. Voeg brandewyn en tamatiepasta by en meng goed. Laat brandewyn wegkook en voeg room by. Laat stadig prut vir sowat 5 minute of tot room met helfte verminder het. Geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel. Plaas mengsel in voedselverwerker en verwerk tot gladde patee. Verdeel mengsel tussen glasflesse van jou keuse. Gooi gesmelte botter bo-op en laat oornag in yskas stol. Sit voor met roosterbrood, agurkies en vars vye. |
![]() |
TOFFIE-APPELS • 14 rooi appels, Steek ’n sosatiestokkie in elke appel. Plaas suiker, glukose en water saam in ’n middelslag-pot. Roer oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook tot die stroop 150 ˚C meet, sowat 8 – 10 minute (sien wenk onder). Voeg botter en voedselkleursel by en meng met ’n houtlepel tot ingemeng. Doop elke appel versigtig in warm stroop deur die stok as handvatsel te gebruik. Plaas op bakpapier wat met kleefwerende sproei gespuit is. Laat afkoel tot hard. Indien jy nie ’n suikertermometer het nie, kan jy só toets: Ná 8 minute se kook, laat ’n klein druppel stroop in yswater val. As dit ’n harde bal vorm wat soos glas lyk, is dit reg. Kyk hier na 'n video waar Herman stap-vir-stap wys om Toffie-appels te maak. |



































Kommentaar